Mnr & Mej Pro-Ed

Lee Esteruyzen
Hoë hakskoene wat meisies laat besef vrouwees is nie maklik nie. Snyerspakke wat seuns soos mans laat lyk. Rokke wat almal se koppe laat draai.
Wie het gesê daar is nie glansgeleenthede in Namibië nie? Meneer & Mejuffrou Pro-Ed het die dames van die meisies geskei. Die 32 deelnemers het akademie eenkant toe geskuif toe hulle met hart en siel alles ingesit het om die groot titel te verower. Die uitstekende openingsdans het die skare teruggevoer na die sestiger jare en het bewys dat vandag se tieners net so goed kan 'rock-n-roll' soos dié van die 60's.
Elke paartjie het hulle verbeelding vrye teuels gegee in die oorspronklikste uitbeeldings van verskillende eras. Die formele drag het die gehoor na hulle asems laat snak.
Na al die moeite en naelbyt, was die resultate as volg :
Mej. Debutant - Eloise Koen
Mnr. Debutant- Karl Zapke
Mej. Fotogenies - Lara Bartholomae
Mnr. Fotogenies - Rowan Burger
Mej. Kreatief - Lenize Reinhardt
Mnr. Kreatief - Ruben le Roux
Mej. Persoonlikheid - Anike Maritz
Mnr. Persoonlikheid - Nicolaas Swart
2de Prinses - Chanelle Riekert
2de Prins - Hanno Bruwer
1ste Prinses - Anike Maritz
1ste Prins - Petrus Burger
Mej. Pro-Ed - Minette Turner
Mnr. Pro-Ed - Rowan Burger
Ons het ‘n onderhoud met mej. Pro-Ed, Minette Turner, gedoen waarin sy ondermeer oor haar suksesstorie, haar visie vir Mej. Pro-Ed vir die komende jaar en die beeld wat sy as mej. Pro-Ed 2017 moet uitstraal, vertel.
“Ek dink die belangrikste faktor in enige situasie of geleentheid, in enige stadium van ‘n mens se lewe is om jouself te wees en die positief in jou situasie te sien. Ek skryf my sukses toe aan die feit date k myself was end it net prober geniet het, terwyl ek en die ander deelnemers mekaar opgebou het,” sê Minette. Sy voel dat dit haar plig as mej. Pro-Ed 2017 is om ‘n Christelike beeld wat staan vir aanvaarding en gelykheid uit te straal. Sy wil graag ‘n voorbeeld wees vir ander deur haarself te wees en ander te aanvaar sonder om te diskrimineer. “Ek glo dade spreek harder as woorde en as ek my waardes uitleef sale k hopelik daardie beeld volstaan.” Sy sien die jaar wat vir haar voorlê as ‘n geleentheid om ander te inspireer en om ‘n nederige rolmodel te wees wat ‘n positiewe verskil in ander se lewens maak. ”Ek sal m bydra lewer deur gemeenskapsdiens te doen,” vertel sy. S wil ander help wat nie so bevoorreg is soos Pro-Ed se leerlinge wat in ‘n privaatskool kan wees met ‘n daok oor hulle koppe nie. “Daar is ‘n groot deel van Swakopmund wat nie hierdie voorregte het nie en ek sal hulle graag wil help.”