’n Vars briesie! Hier is ons nuwe onderwysers!

Jolida Kalomo
’n Hele aantal sprankelende onderwyser het in 2017 by die dinamiese TDS-span aangesluit.
Ons verwelkom mejj. Elizma du Plessis, Carmin Liebenberg, Carmen Reid, Bianca Mostert, Maryke van Niekerk , Jana Plumhoff asook mev. Takura Mafambisi en mnr. Tristan Groenewald.
Nadat ek onderhoude met hul gevoer het, het ek besef dat hulle almal die TDS as volg ervaar : Die TDS-personeel voel soos een groot familie en dat hul dadelik tuis en welkom gevoel het.
Me. Elizma du Plessis bied Afrikaans – gr.4 aan asook gr.12 “Business Studies”. Haar woorde: “ Dit is my eerste jaar as onderwyseres en die TDS is ’n uitstekende keuse. Ek geniet dit nog elke dag hier.”
Me. Maryke van Niekerk hanteer ons Kindergartenklas en sy is voorwaar sag op die
oog.
Me. Carmin Liebenberg is ons sportorganiseerder. “Klein maar getrain” is sy beslis soos die digter Breyten Breytenbach tereg gesê het. Me. Carmen Reid doen haar internskap by die gr. 1 – 3-klasse.
Me. Bianca Mostert hanteer die gr. 2 Engelsklas. Sy was ’n matriekleerder in 2013 by die TDS. Die TDS is voorwaar in haar bloed.
Me. Jana Plumhoff – al die pad van Duitsland – bied Duits, Musiek en Kuns aan.
Mev. Takura Mafambisi komende van Swasiland is ’n uiters ervare Rekeningkunde-onderwyseres. Ons personeel skrik gewis nie vir afstande nie en verlaat hul geliefde vaderland om hul kennis met ons in Namibië te kom deel.
Laaste maar nie die minste nie,is mnr. Tristan Groenewald. Hy help met sportafrigting gedurende skoolure. Die TDS bied tans, gedurende skoolure, verskeie sportaktiwiteite sowel as kulturele aktiwiteite aan.