Namdeb ondersteun motorwerktuigkundeklas
Onderwys en aangesig-tot-aangesig klasse is tydelik weens die coronavirus onderbreek, maar onderwysers by Hoërskool !Garibams in Oranjemund het dié geleentheid gebruik om ’n behoorlike behoefte-analise te doen. Hierdeur het die skool probeer vasstel wat nodig is om die res van die 2020-akademiese jaar ’n sukses te maak.Namdeb het, as deel van hul ondersteuning van kwaliteit onderwys, aan die skool ’n voertuig geskenk wat graad 10 en -11 leerlinge as deel van hul motorwerktuigkundeklas kan gebruik.
Die voertuig is Donderdag, 25 Junie aan mnre. Harold Clark, die skoolhoof, en Martin Kisting, die motorwerktuigkunde onderwyser, oorhandig. Namdeb se besigheidsanalis, mnr. Lodewyk du Plessis en mnr. Flokka van Rooyen, die Namdeb-diensvlakbeheerder, was tydens die oorhandiging teenwoordig.
Comments
My Zone
No comments have been left on this article