NAPSO-PSN skop af met skaak
Maurice Hinterholzer, Walvisbaai Privaat HoërskoolDie NAPSO-Privaatskolenaweek 2018 te Otjiwarongo het op Woensdag 30 Mei met tennis, skaak, boogskiet en jukskei afgeskop.
Hierdie fees het op Woensdag 30 Mei 2018 met 'n skaaktoernooi by die C'est Si Bon Hotel in Otjiwarongo begin. Windhoek Afrikaanse Privaatskool het met 21 punte as die skaakkampioene weggestap. Na afloop van die toernooi is die ander skole as volg gelys: The Dolphin Schools van Walvisbaai behaal 'n tweede plek met 16 punte, Walvisbaai Privaat Hoërskool derde met 15 punte, Grootfontein Agri College vierde met
14 en 'n half punte, Keetmanshoop Privaatskool vyfde met 13 punte, Privaatskool Elnatan sesde met 14 punte, Edugate Akademie sewende met 13 punte, Pro-Ed Akademie agtste met 11 punte, Mauritz Devonish Private School van Oshakati negende met 10 punte en Privaatskool Moria tiende met 10 punte. Tsumeb Gimnasium asook Berg Op Akademie van Okahandja het respektiewelik die elfde en twaalfde plekke behaal.
John Faul, graad 11-leerling van Walvisbaai Privaat Hoërskool, het namens sy span gesê: "Ons het die ervaring vreeslik geniet en ons sien daarna uit om verder aan ons kennis van skaak te skaaf."
Comments
My Zone
No comments have been left on this article