Speel netbal soos ’n baas!

Mariselle Stofberg
Beatri Turner

WHS is baie trots op vier netbalspelers wat die nationale netbalspan gehaal het, naamlik Urilombanda Katjatenja (o/19), Lydia Nakale (o/17), Ndjorombua Kavara (o/15) and Mbitjita Ndjavera (o/14). In Junie 2019 het hulle Namibië verteenwoordig, toe die spanne na Boksburg, Suid-Afrika getoer het. Die Namibiese spanne het aan die All Ages Netball Tournament deelgeneem waar meisies tussen die ouderdomme van 12 jaar tot 18 jaar van reg oor Suid-Afrika in dié toernooi gespeel het. Baie geluk, julle hou WHS se naam hoog!