Tony Tripodi, Napso se nuwe uitvoerende hoof!

Helene Bam
Karlien Visser, Gobabis Gimnasium - Die nuwe uitvoerende hoof is ’n man van karakter, iemand wat nooit nee sê vir ’n uitdaging nie.
Mnr. Tony Tripodi het op 1 April 2017 amptelik begin as NAPSO se nuwe uitvoerende hoof. Oor ’n tydperk van ’n maand het die voormalige hoof, Niel Prinsloo, as groot mentor opgetree waarvoor Mnr. Tripodi baie dankbaar is.
Mnr. Tripodi het gesê dat hy nie verwag het om die jaar al so bevoorreg te wees met ’n pos soos hierdie nie. Vanaf sy aanstelling is die hoofkantoor in Gobabis gevestig. Die voorsitter van die dag bestuur is mnr. Dekker Vermeulen.
Mnr. Tripodi het baie hoop vir Namibië Privaatskole Organisasie (NAPSO) se toekoms. Hy streef daarna om NAPSO na die kinders toe te vat. Hy wil NAPSO promoveer onder kinders, onderwysers, skole en ouers. Hy wil ook die deelname en betrokkenheid van kinders in die NAPSO byeenkomste bevorder. Mnr. Tripodi se passie en geesdrif lê by die leerlinge.
Gedurende die NAPSO wintersport byeenkoms het hy heeldag langs die sportvelde gestaan en sy ondersteuning aan die verskillende spanne verleen. Hy glo NAPSO is ’n geleentheid vir verskillende skole om hul talent en potensiaal te bevorder.
Dit is ’n plek waar kinders hul liefde vir spansport kan uitleef, waar hulle spangees opbou en ook mekaar vooruithelp. Vir die kinders is dit ’n groot sosiale ervaring. Vir jare lank is die NAPSO-Securitas geleentheid bekend vir die ongelooflike samesyn en die kuier tussen die kinders en ook die ouers. Nog een van Mnr. Tripodi se doelstellings van die Privaatskole Naweek is om die verhoudings tussen die aanbieders en die hoofborg, Securitas, sowel as al die ander borge te versterk.
Mnr. Tripodi moedig ander privaatskole aan om deel te word van die NAPSO-familie. Kontak besonderhede vir belangstellende skole is, napsoceo@gmail.com.
Daar word uitgesien na volgende jaar se byeenkoms te Otjiwarongo en ons dra ons sterkte en seënwense aan Edugate Academy oor met als wat voorlê.