WBPHS kraai koning in olimpiade
Die ATKV (Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging) se Senior Afrikaans Huistaal Olimpiade is voorwaar 'n hoogtepunt vir ons taalliefhebbers en toekomstige deskundiges van die mooiste taal ter wêreld – Afrikaans.Op die 30ste Mei 2017 het 11 WBPHS-leerders in graad 10 en 11 aan hierdie eksamen deelgeneem.
Dié brawe graad 10- en 11-leerders wat hierdie uitdaging met geesdrif aangepak het, was: Daniel Allen, Zurialle de Bairos, Michelle du Plessis, John Faul, Caitlin Gerber, Maurice Hinterholzer, Lieze-Mari van der Westhuizen, Ronette Blaauw, Julene Loedolff, Charlize van Zyl en Britney-Lee Viviers.
Maurice Hinterholzer behaal met 109 punte (72.67%) die eerste plek in Namibië en word as provinsiale wenner aangewys. Daniel Allen behaal die vyfde plek, John Faul die dertiende plek, Julene Loedolff die sestiende plek en Charlize van Zyl die twintigste plek.
Mev. Patricia Stander, HOD: Tale en bemiddelaar van die evaluering te WBPHS, het gesê die waardevolle taalkennis wat opgedoen word, bly vir haar 'n reuse- motiveringsfaktor.
Die blootstelling aan Suid-Afrikaanse standaarde, sowel as die bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur, hou briljante voordele vir die leerlinge in.
Julene Loedolff, 'n graad 11-leerder van WBPHS, het die volgende te sê gehad: “Ek het dit voorwaar geniet om my skool te verteenwoordig in so 'n groot kompetisie en ek is opreg dankbaar vir die geleentheid wat my gegun is. Dit het my 'n goeie voorstelling gegee hoe ek met die beste leerders in Namibië vergelyk.
Ons uitslae beklemtoon ook dat die standaard van ons skool se Afrikaansonderrig van 'n hoë gehalte is.”
Maurice Hinterholzer, Graad 10
Comments
My Zone
No comments have been left on this article