WBPHS se eie Duane Vermeulen

Walvisbay Private School

Sansuné Olivier


Matrikulant en prefek van Walvisbaai Privaat Hoerskool, Riaan de Klerk, is gekies om aan die Wêreldbeker kwalifiserende onder/20 Rugbytoernooi in Zimbabwe deel te neem.


Tydens ? kort onderhoud vertel hy die volgende: “Dit was nog altyd vir my ? droom om wêreldrugby te kan speel - ? droom wat hierdie jaar gerealiseer het. Dit was vir my ? groot voorreg en eer om my land en skool met trots te kon verteenwoordig.” Die onder twintig span van Namibië het vierde geëindig in die toernooi.


Riaan is ? jong man met ? groot passie vir rugby. Sy “motto”in die lewe is: “Hard work beats talent” en met God se hulp is alles moontlik. Sy rolmodel is die Tuilagi-broers, asook sy pa, Jurie de Klerk. Waar kan ons hom in die toekoms verwag? 'n Professionele rugbyspeler vir 'n oorsese span, maar as hy kan kies, sal hy graag vir die Sharks wil speel.


Riaan is uit-en-uit 'n man wat sy talente ten volle benut om sy skool se leuse te volg - “Aspirate ad Astra”: Reik na die sterre.