Wenners met goue stemme

Voice of Namibia skep ’n platform om Namibië se beste sangtalent ten toon te stel.
Michelline Nawatises
Michelline Nawatises





Die kompetisie se eerste weergawe verlede jaar het verrassende uitslae gelewer.

Alinda Lu'Mar, stigter en eienaar van Voice of Namibia, het die kompetisie verlede jaar van stapel gestuur.

Lu’Mar is ’n sanger en liedjieskrywer en het haar eerste album in 2016 bekend gestel. Sy is ’n gevorderde stemafrigter en is al die afgelope 30 jaar in die sangbedryf.

Verlede jaar het die kompetisie ’n groot teenwoordigheid in die sosiale media gehad met stemme van die publiek en aanlyn beoordelaars.

Die 2018-wenner was Claudine Nelson, en vanjaar se wenner is Nadia Hanssen.

Lu’Mar sê vanjaar het sy op verlede jaar se formaat probeer verbeter en die kompetisie uitgebrei.

“Ek wou Voice of Namibia Kidz as ’n ander afdeling van die kompetisie bekend stel,” sê sy.

Die eerste regstreekse uitstemronde is op 31 Augustus gehou, waaraan 24 kinders van sewe tot veertien jaar oud deelgeneem het.

Beoordelaars het die 12 beste vertonings gekies. Die finale vertoning is Saterdag gehou.

Voice of Namibia Kidz 2019-wenner:

Eerste- Jaime Oosthuizen

Tweede - Jillian Gong

Derde - Annika Henkert

Die topses:

Gillian Gong, Rachelle Klazen, Kieran en Mason Plaaitjie, Annika Henckert, Jaime Oosthuizen, Teane de Witt

Die kompetisie se Facebook-bladsy groei by die dag en het tans meer as 9 000 volgelinge.

Registrasies vir die derde seisoen is tans oop vir alle ouderdomme en die eerste uitskakelronde is vroeg volgende jaar.