“WHS se nuwe gesig!”

Yuné Prinsloo
Dit is tyd om ‘koebaai’ te sệ vir een van die kenmerke van ‘n WHS leerling. Die meisies se blou skoolrokkies.
Volgens juffrou Hattingh, sal die nuwe skoolklere al beskikbaar wees vanaf 1 November 2017. Die graad agt leerlinge van 2018 sal die skool invar met die nuwe kleredrag. Dien nuwe kleredrag is baie dieselfde as die wintersdrag, dus maak dit ‘n ouer se onkostes veel minder.
Dit sal steeds die navy rompie en ligte blou hemp vir die meisies wees, miskien met ‘n verandering of twee. Die finale reëlings van die kleredrag sal so gou as moontlik voorgestel word aan almal. Die idee van die nuwe skoolklere is nie om iets weg te vat van die skool se geskiedenis nie, maar om die uniforms net meer gerieflik te maak. Meisies sal steeds netjies en afgerond lyk, maar hul sal ook gemaklikker voel in die nuwe skoolklere.
In 2014 het juffrou Santa Du Plessis al die saadjie geplant, en haar idees gegee rondom die nuwe kleredrag. “Ek dink verandering is goed, veral nou in tye wat die ekonomie druk”, antwoord juffrou Santa op die onderwerp. Baie ouers sal saam stem, dit is ‘n goedkoper uitweg en boonop ‘n stylvolle oplossing.
Al is daar verskillende indrukke/menings rondom die keuse, bly verandering die beste besluit. Soos seisoene verander, verander sty look. “Ons lyk al vir 100 jaar dieselfde, dit is tyd vir ‘n nuwe styl”, sê juffrou Hattingh.
“Alhoewel mense nog al die jare vir WHS met die blourokkies ken, is ek nuuskierig en opgewonde rondom die nuwe skoolklere”, antwoord Zita vd Merwe, ‘n voormalige matriekleerling van WHS. Daar is geen beter tyd, as om met die intrapslag van WHS se tweede eeu, nuwe geskiedenis te maak met die nuwe, stylvolle kleredrag nie.
Nuwe styl, nuwe voorkoms, nuwe selfvertroue…nuwe gevoel!
Dit is al wat voorspel word vir Windhoek Hoër Skool in 2018!
WHS trek wel ‘n nuwe baadjie aan, maar dit beteken nie die blourokkies sal vergete wees nie. Dit sal in elke trotse WHS meisie se hart bly.Verewig in Windhoek Hoër se geskiedenis bly leef, waar van die beste leiers wat uit die skool kom, dieselfde rokkies gedra het, die selfde sokkies aan gehad het, en dieselfde passie in hul hart gehad het vir die Blou skool!