WINDHOEK AFFIES GAAN GOUD

Tunohole Mungoba
Elizmi Fourie

En soos winter stadig maar seker tot ‘n einde kom, so moes die sportseisoen ook afsluit.

Hierdie jaar se sport het beslis mense in verwondering en verstomming gelaat, maar die grootste oorwinnig en sekerlik een van die mees geskiedkundiges was dié van Windhoek Afrikaanse Privaatskool se eerste rugbyspan wat nie net weer deurgedring het na die Super Liga finale nie, maar sommer die beker ook huis toe geneem het.

Hierdie span het beslis baie hard gewerk vir hierdie titel en verdien dit eenhonderd present. Hulle het die finale ingegaan met verskeie beserings, maar die manne het beslis nie dat dit hul keer nie.

Spelers soos RP Theron (18), Herman Steyn (18) en selfs die kaptein van die span, Danie van der Merwe (18) het deur die loop van die seisoen beserings opgedoen, maar het ongelooflike deursettingsvermoë tentoongestel met hierdie merkwaardige wen.

Die span as geheel het hulle harte uitgespeel. Dit was ‘n naelskraapwen, en die skare was letterlik op die rand van hulle stoele.

Hou in gedagte dat daar immers net een wenspan kan wees, en dit daarom ook altyd ongelukkigheid saambring. Vir hierdie span is dit ‘n absolute groot prestasie. Kom ons vier dit saam en gun dit volhartig vir hulle. Daar het voorwaar liters trane van blydskap gevloei en hierdie gevoel gaan Affies beslis nie sommer vining verlaat nie.

Mnr. Johan Zaayman, afrigter van Windhoek Affies se Eerstes, sê die volgende: “Ek is baie trots op my seuns oor hulle dissipline en oor hoe hulle die wedstryd gespeel het. Die seuns het nooit opgehou speel nie en baie karakter gewys. Baie trots op 2018 se Superliga Kampioene”. Mnr Johan speel ’n groot rol in hierdie seuns se oorwinning en het regtig die seuns gedra deur hulle finale wedstryd.

Die gees by hierdie jaar se liga was ongelooflik van beide skole se kant af. Dit was ‘n riem onder die hart om te sien hoe die skole se kinders hulle maters op die veld dra met ondersteuning van die pawiljoene af. Dit was beslis ‘n fantastiese ervaring vir die matrieks om hulle laaste skolewedstryd so te kon afsluit.

Op die ou einde gaan dit oor die span en almal op die pawiljoen kon die hegte band tussen al die spelers sien.