Nomineer nou die presteerders in akkerbou

Francoise Steynberg
Die Namibiese Akkerbouraad (NAB) gaan sy jaarlikse Namibiese Akkerbou en Tuinbou-toekenningseremonie (Naha) op 19 September op Olushandja aanbied.

Die seremonie is gemik op die erkenning en beloning van die waardekettingrolspelers soos onder meer produsente, verwerkers, handelaars, diensverskaffers en skooltuine wat aansienlik bygedra het tot die ontwikkeling en groei van Namibië se akkerboubedryf.

Die kategorieë sluit in uitstaande akkerbouprodusent vir die jaar, jong akkerbouprodusent, innoveerder, uitvoerder, handelaar, opkomende handelaar en diensverskaffer.

Die minimum kriteria behels dat die produsent, handelaar of uitvoerder van akkerbouprodukte by die NAB geregistreer is.

Inskrywingsvorms vir die verskillende kategorieë is by Victoria Petrus at Victora.Petrus@nab.com.na of by

061 379 516 beskikbaar. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 25 Julie.