Otjinene spog met speenkalwers

Francoise Steynberg
Agra se 13de speenkalfkampioenskap het verlede week op Otjinene in die Omahekestreek afgeskop. Altesaam 18 speenkalfveilings sal tot 5 September landswyd plaasvind, wat ’n gesogte platform bied vir produsente om met hul speenkalwers te spog. Daarbenewens sal vier veilings in die kommunale gebiede van Aminuis, Okondjatu, Talismanus en Okakarara gehou word, met die doel om hierdie opkomende streke te betrek en op te hef. Volgens Agra Veilings bied die kompetisie nie net ’n beduidende kontantvloei-hupstoot aan talle beesboere nie, maar dit stimuleer ook uitnemendheid in speenkalfgehalte.