WHS Koedoebulle takel Engelse skool
Die Samsung Windhoek Hoërskool Koedoebulle is vandeesweek op toer in Suid-Afrika waar hulle oor die Paasnaweek drie wedstryde by die St. Stithians-toernooi in Johannesburg sal speel.
Die paaie van afrigters Jan Dames en Justin Nel se groep kruis vanoggend met ‘n Engelse toerspan, Hartpury College van Gloucester, in ‘n wedstryd wat regstreek op die webblad van SuperSport Schools gebeeldsend word (08:20).
WHS berei hom voor op nog ‘n kompeterende Namibiese skoleseisoen. Die Koedoebulle het laas jaar onoorwonne boaan die puntelys klaargemaak, maar het hulle in ‘n sensasionele eindstryd teen ‘n geskiedkundige wenpoging deur OK Foods Moria vasgeloop (55-40).
Afgelope Dinsdag het die ligbloues reeds by die Patriotfees op Kuilsrivier ‘n draai gemaak waar hulle ‘n oorwinning met 17-13 teen Porterville bewerkstellig het.
In die 2026 eerstespangroep word die taak van kapteinskap tans tussen die agsteman Isaiah Kazondovi en heelagter William Beukes gedeel. Laasgenoemde was die kaptein teen Porterville en het ook in sy 50ste wedstryd vir die skool se eerstespan uitgedraf.
Die WHS-span vir vanoggend se wedstryd teen Hartpury College:
15 William Beukes, 14 Bradley Beukes, 13 Ignatius Kandowa, 12 Luthando van Wyk, 11 Kalipa Mbuende, 10 Mc-Rein van Wyk, 9 Damian Klein, 8 Isaiah Kazondovi, 7 Lee-Jay Armstrong, 6 Ruben Iiyambo, 5 Keanan Louw, 4 Gunter Kuhn, 3 Cashton Cloete, 2 JP Brenkman, 1 Pascal Munikonzo.
Reserwes: 16 An-Ree Swartbooi, 17 Dawid Ludick, 18 Lozono Beukes, 19 James Munyakaz, 20 Xander Young, 21 Christian van Wyk, 22 Xavier Bampton, 23 Carlos Florian.
Die WHS Koedoebulle se volgende twee geskeduleerde wedstryde by die St. Stithians-toernooi is Saterdag teen Northcliff High School van Johannesburg (12:00), asook Maandag teen die Oos-Kaap se Mzwandile Mali-vyftiental (10:10).



Comments
My Zone
No comments have been left on this article