Afrigter hoopvol vir prestasies in Kigali
Padfietsry
Die jong Namibiese fietsryspan is beïndruk met die gasheerland Rwanda se aanbieding van die UCI wêreldkampioenskap vir padfietsry in Kigali.Die ernstige deel van die Namibiese missie sal oor die volgende drie afspeel met die padresiese vir o.23-vroue, junior mans en junior vroue.
Namibië se fokus is om die beste moontlike uitslae in die padresiese te behaal – veral vir die kandidate wat vir die Olimpiese Jeugspele volgende jaar in Dakar, Senegal wil kwalifiseer, sê afrigter Hans du Toit.
In vandag se vroue onder-23 padresies (13:05-16:30) sal Monique du Plessis na verwagting wel by die beginstreep aantree. Sy het vroeër vandeesweek tydens ‘n oefenrit geval en haar elmboog beseer, wat tot haar onttrekking uit die individuele tydtoets gelei het.
Vrydag 26 September, Junior mans padresies, 08:00-11:15 (Roger Surén, Marco Thiel).
Saterdag 27 September, Junior vroue padresies, 08:20-10:40 (Delsia Janse van Vuuren, Rosemarie Thiel).
Alle resiese word regstreeks op die YouTube-kanaal van die UCI gebeeldsend (youtube.com/@ucichannel).
Tydtoetse
Hoewel die Namibiese juniors sonder die gespesialiseerde tydtoetsfietse na Rwanda gereis het, het hulle besluit om wel afgelope Dinsdag met hul padresiesfietse aan die individuele tydtoets deel te neem.
Die verwagtinge vir prestasie in die tydtoets was nie besonder hoog nie, maar afrigter Hans du Toit is tevrede met hoe sterk en gemaklik die viertal vertoon in die opbou na die padresiese.
“Op haar padfiets het Delsia selfs voor een van haar gerekende Suid-Afrikaanse mededingers op ‘n tydtoetsfiets klaargemaak.
“Die atmosfeer in die stadion waar hulle weggespring het, was ongelooflik; ek het nog nie tevore so iets beleef nie. Die organisering van die kampioenskap is ook uitmuntend.
Du Toit sê skooleksamens lê ook nog voor wanneer die fietsryers terug by die huis is en tussendeur word ‘n bietjie studietyd dus ook nog ingepas.
Du Toit het waardering uitgespreek vir die Namibiese Fietsryfederasie en Windhoek Pedal Power, wat in die dae voor hulle vertrek uit Windhoek saamgespan het toe dit gelyk het of finansiële beperkinge dalk ‘n stokkie voor die toer sou steek.
Die afrigter het tevore ook uitgewys dat die fokus op die UCI wêreldkampioenskap in bergfietsry twee naweke tevore in Switserland ook hul optimale voorbereidingstyd vir Kigali beperk het. Roger Surén het daar met \'n silwermedalje sy indrukwekkende talent uitgestal.
UCI JUNIOR MANS, individuele tydtoets, voorste uitslae
(Afstand 22.6 km / 85 ryers van 57 nasies)
1 Michiel Mouris (NED) 29 minutes 07.91 sekondes (46.55 km/h)
2 Ashlin Barry (VSA) +684 sekondes (46.37 km/h)
3 Seff van Kerckhove (BEL) +8.58 sekondes (46.32 km/h)
25 Josh Johnson (RSA) +1:47.77 (43.85 km/h)
30 Tristan Hardy (MRI) +2:40.94 (42.62 km/h)
31 Marouane Kharbouchi (MAR) +2:48.47 (42.46 km/h)
36 ROGER SURÉN (NAM) +3:03.20 (42.138 km/h)
62 MARCO THIEL (NAM) +7:03.30 (37.47 km/h)
UCI JUNIOR VROUE, individuele tydtoets, voorste uitslae
(Afstand 18.3 km / 47 ryers van 29 nasies)
1 Megan Ahrens (NED) 25 minute 47.41 (42.57 km/h)
2 Paula Ostiz Taco (ESP) +35.30 sekondes (41.6 km/h)
3 Oda Aune Gissinger (NOR) +37.54 sekondes (41.30 km/h)
33 Yvonne Masengesho (RWA) +3:55.63
35 Megan Botha (RSA) +4:01.27
37 Rahel Gimbato (ETH) +4:51.76
40 Liliane Uwiringiyimana (RWA) +5:11.26
41 DELSIA JANSE VAN VUUREN (NAM) +6:22.03 (34.14 km/h)
42 Errin Mackridge (RSA) +6:24.20
44 Grace Godwin (NIG) +7:46.41
45 ROSEMARIE THIEL (NAM) +7:50.38 (32.65 km/h)
Comments
My Zone
No comments have been left on this article