Alivne verras opposisie in Paastoernooi
Gholf
Meer as 80 spelers het laas naweek deelgeneem toe die Windhoek-gholfklub met trots sy jaarlikse Easter Cup-toernooi aangebied het.Organiseerders bedank die Windhoek-gholfklub wat die toernooi oor vier dae moontlik gemaak het deur pryse vir elke dag, asook vir die algehele wenners op die spel te plaas.
Die algehele wenners was soos volg:
1 Alivne Samuel (83 punte), 2 Cor Beuke (81), 3 Tommy Nangombe (80), 4 Sponks Mohale 79, op uittel), 5 Bonifatius Paulino (79).
Dag 1, pryswenners per afdeling:
A-afdeling: Andre Visser (38 punte). B-afdeling: Armand de Klerk (33). C-afdeling: Tommy Nangombe (43).
Dag 2, pryswenners per afdeling:
A-afdeling: George Vink (39 punte). B-afdeling: Bonifatius Paulino (41). C-afdeling: Tuna Amutenya (40).
Dag 3, pryswenners per afdeling:
A-afdeling: Cor Beuke (41 punte). B-afdeling: Evelyn Paulino (37). C-afdeling: Alvine Samuel (43).
Dag 4, pryswenners per afdeling:
A-afdeling: Cor Beuke (40 punte). B-afdeling: Chris van Lill (41). C-afdeling: Alvine Samuel (40).
Akkuraatste dryfhoue
Pryswenners vir die houe naaste aan die pen op dag een: Karl Grundling (putjie 3), Shadrek Sibanda (putjie 9), Dewald Coetzee (putjie 13), Inocencio Verde (putjie 17).
Pryswenners vir die houe naaste aan die pen op dag twee: Lucy Mohale (putjie 3), Chris van Lill (putjie 9), Jan van Wyk (putjie 13), Vilho Ndaikile (putjie 17).
Pryswenners vir die houe naaste aan die pen op dag drie: Karl Grundling (putjie 3), André Visser (putjie 13), Francois Kotze (putjie 17).
Pryswenners vir die houe naaste aan die pen op dag vier: Antonio Smit (putjie 3), Mike Beavis (putjie 9), Francois Kotze (putjie 13) en Claude Abrahams (putjie 17).
Comments
My Zone
No comments have been left on this article