Bokke onverbiddelik op wêreldtoneel
Rugby
Sal Suid-Afrika se Springbokke opnuut in 2025 kan oorheers?
Suid-Afrika begin 2025 in die eerste posisie op Wêreldrugby se ranglys en is twee punte voor Ierland wat die tweede posisie beklee.Reusevertonings deur die Springbokke verlede jaar laat hulle met 92.78 punte as die wêreld se voorste rugbyland. Tweede is Ierland op 90.78 gevolg deur Nieu-Seeland met 90.39 punte.
Sedert 8 Januarie 2024 het die topvyfspanne gereeld punte verwissel toe die Bokke ook 2024 as die wêreld se voorste span met 94.54 afgeskop het. Ná die Bokke was Ierland (90.57), Nieu-Seeland (89.80), Frankryk (87.81) en Engeland (85.46).
Met die Sesnasieskampioenskap wat vroeg in Februarie 2024 begin het, het Engeland, Frankryk, Ierland, Italië, Skotland en Wallis die kans gehad om hul posisies te verbeter.
Die Bokke was vanaf Januarie tot 9 September 2024 die nommer 1-span op Wêreldrugby se ranglys alvorens Ierland hulle die volgende week onttroon het. Suid-Afrika het egter weer die eerste posisie op 11 November ingeneem, terwyl Nieu-Seeland kortstondig tweede geplaas was met Ierland derde. ’n Week later moes Nieu-Seeland noodgedwonge sy tweede posisie aan Ierland afstaan toe hulle tot die derde plek gedaal het.
Argentinië het terselfdertyd vir Engeland uit die vyfde plek geboender, terwyl Engeland (82.62) tot die sewende plek ná Skotland (82.70) gesak het.
Namibië (57.87) is 26ste met Zimbabwe (57.16) 27ste. Zimbabwe is die Afrika-kampioene en is oortuig daarvan dat hulle Namibië vanjaar gaan verbysteek en wil ook vir die 2027 Wêreldbeker in Australië kwalifiseer.
Lande wie se punte en posisies verander het word met ’n * aangedui.
5 Februarie 2024
Suid-Afrika (94.54), *Ierland (92.11), Nieu-Seeland (89.80), *Frankryk (86.28), *Engeland (85.80).
12 Februarie
Suid-Afrika (94.54), Ierland (92.11), Nieu-Seeland (89.80), *Frankryk (87.39), *Engeland (85.89).
26 Februarie
Suid-Afrika (94.54), Ierland (92.11), Nieu-Seeland (89.80), *Frankryk (86.39), *Engeland (84.93).
11 Maart
Suid-Afrika (94.54), *Ierland (90.69), Nieu-Seeland (89.80), *Frankryk (87.31), *Engeland (86.35).
18 Maart
Suid-Afrika (94.86), Ierland (90.69), Nieu-Seeland (89.80), *Frankryk (87.92), *Engeland (85.75).
8 Julie
*Suid-Afrika (94.54), *Ierland (90.37), *Nieu-Seeland (90.12), *Frankryk (88.49), *Engeland (85.66).
15 Julie
*Suid-Afrika (93.11), *Ierland (92.12), *Nieu-Seeland (90.37), *Frankryk (86.96), *Engeland (85.40).
12 Augustus
Suid-Afrika (93.11), Ierland (92.12), *Nieu-Seeland (88.37), Frankryk (86.96), Engeland (85.40).
19 Augustus
Suid-Afrika (93.11), Ierland (92.12), *Nieu-Seeland (88.71), Frankryk (86.96), Engeland (85.40).
2 September
*Suid-Afrika (93.37), Ierland (92.12), *Nieu-Seeland (88.45), Frankryk (86.96), Engeland (85.40).
9 September
*Suid-Afrika (93.58), Ierland (92.12), *Nieu-Seeland (88.25), Frankryk (86.96), Engeland (85.40).
23 September
*Ierland (92.12), *Suid-Afrika (91.77), *Nieu-Seeland (88.70), Frankryk (86.96), Engeland (85.40).
4 November
Ierland (92.12), Suid-Afrika (91.77), *Nieu-Seeland (89.67), Frankryk (86.96), *Engeland (84.43).
11 November
*Suid-Afrika (92.46), *Nieu-Seeland (91.21), *Ierland (90.58), Frankryk (86.96), *Argentinië (85.60).
18 November
*Suid-Afrika (92.78), *Ierland (90.78), *Nieu-Seeland (90.09), *Frankryk (88.08), *Argentinië (85.40).
25 November
Suid-Afrika (92.78), Ierland (90.78), *Nieu-Seeland (90.36), *Frankryk (88.51), *Argentinië (84.97).
Huidige stand van lande
1 Suid-Afrika (92.78), 2 Ierland (90.78), 3 Nieu-Seeland (90.36), 4 Frankryk (88.51), 5 Argentinië (84.97), 6 Skotland (83.34), 7 Engeland (82.31), 8 Australië (81.52), 9 Fidji (80.07), 10 Italië (78.64), 11 Wallis (74.01), 12 Georgië (73.85), 13 Japan (72.95), 14 Samoa (72.68), 15 VSA (70.02), 16 Portugal (68.82), 17 Uruguay (67.06), 18 Spanje (65.98), 19 Tonga (65.46), 20 Roemenië (63.01), 21 Chili (61.72), 22 Hongkong (59.49), 23 Kanada (59.18), 24 Nederland (58.56), 25 Rusland (58.06), 26 Namibië (57.87), 27 Zimbabwe (57.16), 28 Brasilië (56.53), 29 België (56.51), 30 Switserland (56.04).
– tielman@nsh.com.na
Comments
My Zone
No comments have been left on this article