Derde uitspeelputjie laat Johnson gelykop stryd wen
Gholf
Twee van die jongste spelers in die kompetisie het mekaar hard gedruk vir die wentrofee.
Die 17-jarige Kyle Johnson (Walvisbaai-gholfklub) en 20-jarige Todd Parker (Omeya) het mekaar behoorlik opgedreun in die afgelope naweek se Sentraal Ope gholftoernooi by die Windhoek-gholfklub, voordat eersgenoemde in ‘n uitspeelstryd met die titel weggestap het.Ná Saterdag en Sondagoggend se 54 putjies het dié twee gelyk boaan die voorloperbord klaargemaak (222 houe elk) en hulle is dus in ‘n valbylstryd opgeweeg om die houer van die wentrofee vir 2025 te bepaal.
Op die eerste uitspeelputjie (die 10de) het Johnson en Parker beide ‘n voëltjie aangeteken, en by die 18de was hulle steeds gelykop toe beide gelyk aan baansyfer behaal het. Beide het toe teruggestap om weer by die 18de af te slaan, waar Johnson gelyk aan syfer en Parker een oor baansyfer behaal het.
Die Sentraal Ope is deur Debmarine en Momentum geborg en is een van die Namibiese Amateurgholfunie (Nagu) se toernooie wat punte vir die nasionale merietelys tel.
Ander spelers wat by die prysuitdeling vereer is:
Algehele beste netto:
A-afdeling, beste bruto: 1 Jackson Kawaya (Tsumeb, 229), 2 Brendan Britten (Windhoek-gholfklub, 234).
A-afdeling, beste netto: 1 Walter Heibeb (Tsumeb, 217), 2 Antonion Gamito (Windhoek-gholfklub, 220).
B-afdeling, beste bruto: 1 Gabriel Andreas (Grootfontein, 247), 2 Erlifo Naobeb (Rössmund, 251).
B-afdeling, beste netto: 1 Cor Beuke (226), 2 Mervin Nangolo (227), beide Windhoek-gholfklub.
C-afdeling, beste bruto: 1 Gert Liebenberg (177), 2 John Chadyiwa (179), beide Windhoek-gholfklub.
C-afdeling, beste netto: 1 Sponks Mohale (141), 2 Cuthbert Chipfupa (146), beide Windhoek-gholfklub.
Stableford-wenners: 1 Walter Bredenhann (75), 2 Jolene van Schoor (72), 3 Christo Liebenberg (70), almal van Windhoek-gholfklub.
Comments
My Zone
No comments have been left on this article