Dippenaar en Pretorius tem die Tara

Motorsport
Die gewilde tydren het weer sy naels gewys.
Tielman van Lill

Wilro Dippenaar en Mathys Pretorius het Saterdagnamiddag onderskeidelik die 2026 Shell V-Power Tara-tydren in die sedan-afdeling (S1, S2, S3, S4) en die uitdaagkompetisie (CR1, CR2, CR3) gewen.


S-klasse

Wilro en sy navigator, Carolyn Swan, het ook die S4-klas ingepalm deur 16 van die spesiale sneldele (SS) in sy PZN Panelbeaters Ford Fiesta R5 4x4 te wen. Hulle het die tydren in twee uur, ses minute en 33 sekondes (2:06:33) voltooi.

Zachary Martin en Anique Schoeman (eerste in S2) het algeheel tweede in die J&P Hydraulics VW Polo geëindig, terwyl Stefanie Botha en Willem Hugo (tweede in S4) algeheel derde met haar Subaru Impreza STI klaargemaak het.


CR-kompetisie

Algeheel en CR3-klas

Mathys en Anja Pretorius (CR3-klas) het dié klas oorheers en algeheel eerste in 2:00:36 geëindig. Hulle het 16 van die 17 sneldele in hul V8-Renault Duster gewen.

Ruaan Viviers en Cecil Koorts was tweede met hul V8-Century CR6, terwyl Paul Ackermann en Walter Kinnear derde in die V8-Sandmaster geëindig het.

Die CR2-klas is deur Stefan Labuschagne en René Botha (V8-JAC) gewen, terwyl SJ Schoeman en Chané Havenga (Steckel’s Toyota Hilux) eerste in CR1 geëindig het.

Twee-en-twintig spanne het Donderdagaand by die Tony Rust-renbaan weggespring. Maar Tara, dié mees gevreesde kat in die land se geskiedenis, se skerp naels het gesorg dat ses spanne moes onttrek of onder die supertydrenreëls klaarmaak.


Supertydrenreëls: Wido Bartsch/Raymond Fourie (S4) Toyota Yaris, Stefan Bartsch/Guillaume Visser (S1) VW Polo en Steven Marnevick/Roché Louw (CR3) Zarco.

Nie voltooi nie: Rian Kritzinger/Dalton Bezuidenhout (CR3) V8-Ford Ranger, Werner Bartsch/Christel Fourie (CR2) V8-Land Rover en Michel Rust/Chantell Taljaard (CR1) Nissan NP300.


Volledige uitslae

S-klasse (9 inskrywings)

Algeheel

  1. Wilro Dippenaar/Carolyn Swan
  2. Zachary Martin/Anique Schoeman
  3. Stefanie Botha/Willem Hugo

S1

  1. Kai Pretorius/Oliver Pretorius (2:26:36) Toyota Corolla
  2. Donovan Vermaak/Len Fölscher (2:28:39) Toyota Corolla
  3. Pieter Greeff/JP Robinson (2:30:03) Seal Consulting Engineers Toyota Corolla

S2

  1. Zachary Martin/Anique Schoeman (2:18:54) J&P Hydraulics VW Polo

S3

  1. Michael Kotze/Darius Kotze (2:34:40) BMW E36

S4

  1. Wilro Dippenaar/Carolyn Swan (2:06:33) PZN Panelbeaters Ford Fiesta R5
  2. Stefanie Botha/Willem Hugo (2:20:50) Subaru Impreza STI


CR-kompetisie (13 inskrywings)

Algeheel

  1. Mathys en Anja Pretorius
  2. Ruaan Viviers/Cecil Koorts
  3. Paul Ackermann/Walter Kinnear


CR1 (2x4)

Net 16 sekondes het die eerste en tweede plek van mekaar geskei.

  1. SJ Schoeman/Chané Havenga (2:23:04) Steckel’s Toyota Hilux
  2. Ekko Eisenberg/Horacio Rietz (2:23:20) M&Z Motors V8-JAC
  3. Chrizelda Kritzinger/Ruan de Lange (2:36:36) V8-Nissan Hardbody
  4. Rossouw Bezuidenhout/Michael Maritz (2:43:50) Toyota Hilux


CR2 (4x4)

  1. Stefan Labuschagne/René Botha (2:32:38) V8-JAC


CR3 (4x4)

  1. Mathys en Anja Pretorius (2:00:36) V8-Renault Duster
  2. Ruaan Viviers/Cecil Koorts (2:04:54) V8-Century CR6
  3. Paul Ackermann/Walter Kinnear (2:19:14) V8-Sandmaster
  4. Llewelyn Loftie-Eaton/Roché Louw (2:52:32) Yamaha YXZ

— tielman5.tvl@gmail.com