Drama by sewende ronde op Omaruru
Motocross
Die Omaruru-motocross-klub het Saterdag die sewende ronde van die Namibiese nasionale motocross-kampioenskapsreeks by hul WKMX-baan buite die dorp aangebied.Die volgende jaers het die algehele eerste plekke in hul onderskeie klasse vir volpunte opgeraap, naamlik Mason Meyer (50 cc-klas, 75 punte), Carter Bouwer (65 cc-klas, 72), Leander Metzger (85 cc-klas, 75), Jarno Metzger (junior 125 cc-klas, 75), Olaf Pack (veterane, 72), Melanize Oberholzer (vroue, 66), Mark Sternagel (ope, 75) en Mark Sternagel (King of the Dirt, 25).
Diskwalifikasies
In die junior 125 cc-klas kon Juan de Vos en Luca Brand onderskeidelik net 22 en 20 punte insamel. Beide Juan en Luca was tydens die eerste resies (van drie) gediskwalifiseer.
Juan het nie in die tweede resies gejaag nie, terwyl Luca 20 punte behaal het. Met die derde en finale resies was Luca vreemd genoeg opnuut vir beweerde gevaarlike rytegniek gediskwalifiseer en Juan kon 22 punte agter sy naam skryf.
Dié onsmaaklikheid het veroorsaak dat Juan en Luca onderskeidelik slegs sesde en sewende in hul klas geëindig het.
Luca was eerste in sy klas tydens die King of the Dirt-resies, toe hy deur Elzaan du Plessis, die hoofbaanbeampte en NMSF-verteenwoordiger, gediskwalifiseer is. Appèl is ten duurste ná die byeenkoms deur die Brand-span aangeteken, maar is deur die hoofbaanbeampte van die hand gewys. Die nagevolge van Luca se dubbele diskwalifikasie is dat hy nie kampioenskapspunte tydens die agtste en laaste byeenkoms vir 2025 sal kan verdien nie.
Die Brand-span voer aan hulle het videobewyse dat Luca tydens die King of the Dirt geen kontak met Jarno Metzger gemaak het, soos die beskuldiging was nie. Hul siening is dat hul appèl nie regverdige oorweging gekry het nie en bloot afgeskiet is. Hulle versoek die sport se beamptes om hul prosedure te hersien, om regverdigheid, veiligheid en sportmangees vir alle ryers te handhaaf.
Niks behoort egter van Jarno Metzger se puik vertoning weggeneem te word nie. Hy het die junior 125 cc-klas gewen en was derde in die King of the Dirt-resies ná die twee topklas jaers, Mark Sternagel en Björn Bierbrauer.
Die KOD vorm deel van die junior 125 cc-klas se kompetisie en is hul derde en finale resies van elke byeenkoms.
Die NMSF se voorsitter Lourens du Plessis het Maandag ‘n algemene “eerste en finale” waarskuwingsbrief aan alle ryers, ouers en ondersteuners uitgestuur dat onaanvaarbare uitlokkende gedrag of dreigende houdings teenoor baanbeamptes nie geduld word ná onlangse klagtes nie en tot dissiplinêre optrede soos boetes en skorsings sal lei.
Uitslae van die kampioenskap se sewende ronde:
50 cc-klas: 1 Mason Meyer (75 punte), 2 Duhan Hefer (66), 3 Nicky Strauss (60).
65 cc-klas: 1 Carter Bouwer (72), 2 Oliver Matthews (69), 3 Markus Pack (60), 4 Paul Mans (56), 5 Maximillian Skutsch (49), 6 Sebastian Skutsch (45), 7 Keanu Strauss (44), 8 Delmar du Plessis (36), 9 Mason Meyer (29), 10 Duhan Hefer (28).
85 cc-klas: 1 Leander Metzger (75), 2 Dewet du Plessis (66), 3 Stiaan Hefer (60), 4 Riaan van den Hoven (57), 5 Duhan van Wyk (54), 6 Felic Wittreich (51).
Junior 125 cc-klas: 1 Jarno Metzger (75), 2 Leander Metzger (64), 3 Marco Lindemeier (58), 4 Killian Hamm (54), 5 JC Lochner (53), 6 Juan de Vos (22), 7 Luca Brand (20).
Vroueklas: 1 Melanize Oberholzer (66), 2 Maike Bochert (60).
Klubmansklas: 1 Kevin Harmse (daglisensie), 2 Morné Jacobs (daglisensie).
Veteraneklas: 1 Olaf Pack (72), Tony Viljoen (62), 3 Sigi Pack (47).
Ope klas: 1 Mark Sternagel (75), 2 Björn Bierbrauer (66), 3 Tommy Gous (60), 4 Markus Muller (57).
King of the Dirt: 1 Mark Sternagel (25), 2 Björn Bierbrauer (22), 3 Jarno Metzger (20), 4 Juan de Vos (19), 5 Tommy Gous (18), 6 Olaf Pack (17), 7 Leander Metzger (16), 8 Marco Lindemeier (15), 9 Markus Muller (14), 10 Killian Hamm (13), 11 JC Lochner (12), 12 Tony Viljoen (11).
• Deelnemers kan slegs kampioenskapspunte verdien indien hulle by die Namibiese Motorsportfederasie (NMSF) geregistreer is. Ryers met daglisensies kwalifiseer nie vir punte nie.
– tielman5.tvl@gmail.com
Comments
My Zone
No comments have been left on this article