Eerste botsing vanaand teen RecklessBears Barbarians
Twee vriendskaplike wedstryde teen die inkomende toerspan van die RecklessBear Barbarians sal vir die plaaslike nasionale oefengroep as ‘n afsluiting van die 2026-seisoen se November-periode dien.
Jerome Paarwater se Namibiese afrigtersgroep sien daarna uit om vanaand en Vrydagaand in die Hage Geingob-stadion ‘n uitgebreide groep genooide spelers wedstrydgeleentheid te gee.
Die RecklessBears Barbarians, geborg deur ‘n sportklerasiegroep, het die afgelope maande deur middel van proewe ‘n toerspan van klubspelers van die Gautengstreek saamgestel. Die Barbarians bevat ‘n mengsel van jong talent wat ook avontuurlike hardlooprugby behoort op te dis, afgewissel met die fisieke aanslag waarmee rugby in hulle gedeelte van Suid-Afrika gespeel word.
Twee van die mees opvallende name vir die toerspan is die slot Shane Kirkwood en vleuel Etienne (Mot) Taljaard. Beide was in 2022 in Kimberley wenners in ‘n Curriebeker-finaal met die Airlink Pumas, met verskeie jare se professionele rugby-ondervinding saam wat by die Valke begin het. Die twee het in 2021 ook swaers geword.
Paarwater het in laas Vrydag se episode van Gooi Kole (https://q.my.na/CYAJ) gesê ‘n oorwegend “B”-groep sal vanaand in die eerste kragmeting opgestuur word. Beide vanaand en Vrydagaand se wedstryde word vanaf 18:00 ook deur ‘n sewesrugby-kragmeting voorafgegaan. NTV / SportWrap TV sal die regstreekse uitsaaier wees.
WELWITSCHIAS XI spelersgroep
Stutte: Gerhard Opperman en Otja Auala (Montego United), Joshua Bester en Chemigan Beukes (FNB Wanderers), Gianluca Savoldelli (UXI rugby-akademie, Kaapstad), Harry Ngasia en Renard Hattingh (FNB Grootfontein)
Hakers: Armand Combrinck (Goue Leeus), Wikus Jacobs (FNB Grootfontein), Edward Drotsky (FNB Wanderers).
Slotte: Kistings Minyoi en Ruan Ludick (FNB Wanderers), Johan Luttig (FNB Grootfontein), Jakanjomoka Ortner (FNB Grootfontein), Diamando Tjombe (FNB Unam)
Losvoorspelers: JP Campbell, Adriaan Booysen, Dhale Cloete en Kyle Nel (almal FNB Wanderers), Lezardo Vos en Alexander Jansen (FNB Kudus), McHenry Kambatuku, Viery Haufiku en Feddy Mazila (FNB Unam).
AGTERSPELERS
Skrumskakels: Jacques Theron (FNB Wanderers), Elzandro van Wyk (Montego United), Jahno du Plessis (FNB Grootfontein), Rayshawn Shoombe (FNB Kudus), Caeden Moller (FNB Unam).
Losskakels: Wiks Tromp, André van der Berg en Johnny Mwenyo (FNB Wanderers), Kyle Wentzel en Denzo Bruwer (FNB Kudus), Cliven Loubser (FNB Reho Falcon).
Senters: Danco Burger, SW Kuhn (FNB Wanderers), Lasarus Joseph (FNB Unam), Hillian Beukes (FNB Rehoboth), DJ Nel (Montego United), Suramie Kambombo (Montego United).
Vleuels en heelagters: Tolley Tjipute en Jaylon Carew (FNB Wanderers), Aston Mukwiilongo (FNB Kudus), Jurgen Meyer en Irongwa Atshivudhi (Montego United), Dolano Vries (FNB Rehoboth), Keno Shetukana (FNB Grootfontein), Manfred Garoeb (FNB Rehoboth), Aljarreau Zaahl (FNB Unam).
WELWITSCHIAS sewesgroep
Keynnen Basson (Reho Falcon), Morgan Esterhuizen en Nzola-Menza Nkunku (Western Suburbs), JD Nel, DJ Holtzhausen, Enrique Husselmann, Sammy Soobramoney (Montego United), Aurelio Plato, Nathan Jansen (FNB Kudus), Delano van Wyk (FNB Rehoboth), Aljarreau Zaahl, Kee-Shan Beukes, Willon du Plessis en Caeden Moller (FNB Unam), Gino Wilson (Oranjemund).



Comments
My Zone
No comments have been left on this article