Eerste pare by Omeya dring deur

Gholf
Rondte 1 van Omeya-gholfklub se kwalifiserende uitdunne vir die 2025 King Price Internasionale Parespel is Saterdag gespeel.

Spelers van elke klub in die land ding mee vir die uiteindelike prys vir een Namibiese paar om ‘n plek in die Wêreldfinaal oop te speel, wat vanjaar by Sun City geskeduleer is.

Die wenners van Omeya se eerste rondte: 1 Johan Zhang en Min Deng (46 punte). 2 Willie Prinsloo en Johan Husselmann (43 punte, uittel). 3 Joggie van Schalkwyk en Peter Johns (43).

Zhang en Deng, asook Prinsloo en Husselman, dring deur tot die streekfinaal, in die opbou na die nasionale eindrondte wat oor twee dae (een dag by Omeya en een dag by Windhoek-gholfklub) beslis sal word.

Pryse vir die houe naaste aan die pen is ingepalm deur Karl Grundeling (putjie 1, met tweede hou) en Eric Verburg (putjie 17).

Omeya-gholfklub se volgende kwalifiserende toernooie vir die parespelreeks word op 12 April, 3 Mei, 7 Junie en 12 Julie gespeel.

Die organiseerders bedank die borge van die reeks, King Price Namibia en AB InBev.