Enduro by Wewelsburg lewer tweestryde
Motorfietssport
Net een ryer kon sover volpunte in elke byeenkoms in die reeks behaal.
Die vyfde rondte van die Namibiese enduro-motorfietskampioenskap is die afgelope Saterdag suksesvol op die plaas Wewelsburg naby die hoofstad afgehandel. Quinton van Rooyen, die verdedigende pro-klaskampioen, is die enigste deelnemer wat sover in die 2025-seisoen volpunte in elk van die vyf byeenkomste behaal het.
In die senior pro-klas het Kai Hennes (eerste), Gernot Bahr (tweede) en Sean Kemp (derde) mekaar behoorlik in die koue winterluggie laat sweet. Minder as drie minute het die trio van mekaar geskei.
In Klas 7 was die uitslag op ‘n mespunt tussen Jens Rubow, Kilian Ham en Dean Schlechter gebalanseer. Jens het uiteindelik sy voet in die deur gekry en het Kilian met twaalf sekondes vir die eerste plek geklop. Dean het wel derde geëindig, maar het nogtans ‘n duidelike boodskap aan sy mededingers gelewer.
Die voorste uitslae (DNF = het nie klaargemaak nie)
Klas 2 (pro)
1 Quinton van Rooyen (3:17:48)
2 Corné Visser (3:25:10)
3 Gunther Gladis (3:40:00)
4 Heiko Stranghöner (3:50:29)
5 Rico Steinfurth (3:59:23)
6 Oliver Rohrmuller (DNF)
Klas 5 (senior pro)
1 Kai Hennes (2:43:52)
2 Gernot Bahr (2:45:32)
3 Sean Kemp (2:46:00)
4 André Steinfurth (3:46:04)
5 Frederick van Greunen (DNF)
6 Rian Kritzinger (DNF)
Klas 7 (intermediêr)
1 Jens Rubow (2:51:23)
2 Kilian Ham (2:51:35)
3 Dean Schlechter (2:59:17)
4 Agilo Tegethoff (3:25:08)
5 Glen Mathews (het nie weggespring nie)
6 Antonio Monteiro (gediskwalifiseer)
Klas 10 (groentjies)
1 Vincent Griebel (1:47:13)
2 Schalk du Plessis (1:56:03)
3 Bobby Griebel (2:08:37)
4 Pieter van Helsdingen (2:13:42)
5 Stefan Gräber (2:15:21)
6 Tristiaan Prinsloo (2:16:34)
7 Jürg Güther (2:29:02)
8 Fanie Steenkamp (het nie weggespring nie)
9 Stephan Güther (gediskwalifiseer)
Klas 11 (beginners)
1 Jean van der Westhuizen (1:43:35)
2 Cedric Wilckens (1:47:21)
3 Bart Steyl (1:54:49)
4 Melieke Steyl (1:55:04)
5 Johannes van der Westhuizen (1:56:27)
6 Llewelyn van der Westhuizen (2:13:00)
Klas 12 (vroue-ontwikkelingsklas)
1 Shannon Gräber (1:40:04)
2 Maike Bochert (1:54:01).
Die kampioenskap se puntestand ná vyf byeenkomste:
Klas 2: 1 Quinton van Rooyen (100) / 2 Corné Visser (69) / 3 Jörn Greiter (54) / 4 Nickle Visser (41) / 5 Heiko Stranghöner (40) / 6 Gunther Gladis (37).
Klas 5: 1 Sean Kemp (95) / 2 Kai Hennes (69) / 3 Getnot Bahr (45) / 4 Hanré Myburgh (39) / 5 Rian Kritzinger (34) / 6 Frederick van Greunen (33).
Klas 7: 1 Kilian Ham (84) / 2 Dean Schlechter (69) / 3 André Barnard (57) / 4 Jens Rubow (35) / 5 Holger Barth (24) / 6 Antonio Monteiro (24).
Klas 10: 1 Vincent Griebel (87) / 2 Bobby Griebel (58) / 3 Tristiaan Prinsloo (55) / 4 Sean-Collin Gräber (35) / 5 Harry Kibble (22).
Vroue-ontwikkelingsklas: 1 Maike Bochert (88) / 2 Shannon Gräber (80).
• Die afgelope naweek se aksie is deur 33 deelnemers in ses klasse gelewer.
Die sesde rondte van die Namibiese kampioenskapsreeks vind op 2 Augustus plaas. Die venue moet nog aangekondig word.
– tielman5.tvl@gmail.com
Comments
My Zone
No comments have been left on this article