Groot eer op die spel in resiese by IJG Trails

Bergfietsry
Wenners in UCI-kategorieë mag vir die volgende twaalf maande die gesogte nasionale trui dra.
Organiseerders van Nedbank en die Namibiese Fietsryfederasie (NCF) se nasionale bergfietskampioenskap wat vir vandag en môre by die IJG-roetes in Kleine Kuppe aan die suidelike buitewyke van Windhoek bestem is, sê die voorbereiding het goed verloop.

Die byeenkoms sal na verwagting meer as 100 plaaslike fietsryers lok. Inskrywings het Woensdagaand gesluit en die logistieke beplanning vir die wedren en die reëlings met borge is in plek.

Die NCF-komiteelid Elanor Grassow het bevestig die wedren sal die draers van die Namibiese nasionale kampioentruie in verskeie kategorieë bepaal, insluitend op die elektroniese bergfietse (e-bikes) vir junior en ope vroue en mans, die nasionale kampioene van die kortbaan (vroue en mans, junior vroue en mans) asook in die gebruiklike Olimpiese veldresieskode.

“Die nasionale kampioenskap bepaal die land se beste fietsryers in verskeie dissiplines en ouderdomskategorieë.

“Bekroonde nasionale kampioene erken nie net hul prestasies nie, maar inspireer ander fietsryers om na uitnemendheid te streef,” het Grassow gesê.

Sy sê afhangend van hul ouderdomskategorie word die ryers se aantal baanrondtes en totale afstand bepaal.



GEREKENDE RYERS

Die elite vroue- en elite mansklas se verdedigende kampioene, Monique du Plessis, en Alex Miller, sal na verwagting hul titels verdedig.

Miller sê hy sien daarna uit om sy nasionale trui te behou en is tans in topvorm, nadat hy sy laaste twee plaaslike wedrenne oor die afgelope twee naweke gewen het.

“Ek is bly om my titel te verdedig en sien daarna uit om my nasionale trui by internasionale kompetisies te dra. My voorbereiding het goed verloop en ek is fiks. Ek is mal oor hierdie baan; ek moet net enige foute vermy en by die plan vir die dag hou,” het Miller gesê.

Intussen het die 21-jarige Du Plessis gesê haar voorbereiding was nie van die beste nie aangesien sy die afgelope tyd met 'n ligte besering en siekte gesukkel het.

“Ek hoop om my titel te verdedig. Ek was die hele week van die fiets af weens siekte. Ek het nie hoë verwagtinge hierdie naweek nie, maar ek sal my beste gee,” het sy gesê.

Die kortbaanwedrenne vir junior (o.14 tot o.18) seuns en meisies sal vanmiddag om vyfuur afskop

Die UCI kortbaan-kampioenskap vir ope vroue (17:30) en ope mans (18:00) is ook vir vandag geskeduleer.

Die res van die resies sal môreoggend afskop. Die elite vroue (10:15) en eelite mans (12:00) sal onderskeidelik ses en sewe baanrondtes voltooi.

Nedbank Namibia se skakelafdeling, Selma Kaulinge, sê dis ‘n opwinde vooruitsig om terug by die bekende baan in Kleine Kuppe te wees nadat verlede jaar se skouspel op Swakopmund gehou was.. Sy het al die deelnemers voorspoed toegewens.