Kort vernuf by Omeya getoets

Gholf
Die Omeya-gholfklub het Vrydag rondte vyf van sy baie gewilde Novel Par 3-reeks aangebied. Die formaat van 12 verkorte putjies met netto medalje-tellings bied ‘n goeie toets vir spelers se kort spel. Die organiseerders bedank Novel Motor Company vir hul borgskap.

Die junior wenner was Regardt Kruger (38 houe) en die vrouewenner was Esther Verburg (39).

In die A-afdeling het Francois Hanekom (32 houe) uithaal om te wen teen Johan Husselmann (tweede, 33), Dan Zwiebel (35) en Jaco van Reenen (36).

Die B-afdeling se wenner was Tiaan Louw (31), voor Stefan Venter (32), Mario Reiter (34) en Herman Mouton (35).

‘n String pryse vir houe naaste aan die pen was op die spel, wat opgeraap is deur Craig Bassingthwaite (putjie 1), Anecia le Grange (putjie 2), Jacque le Roux (putjie 3), Tiaan Louw (putjie 4), Eugene Lofty-Eaton (putjie 5), Greg Wise (putjie 6), Tiaan Louw (putjie 7), Craig Bassingthwaite (putjie 8), Tiaan Louw (putjie 13), Herman Mouton (putjie 15), Jaco van Reenen (putjie 16), Pieter Fox (putjie 17).