Man en vroue wen jukskeitoetse teen RSA

Die Namibiese jukskeispanne was in hul skik dat hulle vier van die sewe toetswedstryde teen Suid-Afrika by die buurland se onlangse nasionale kampioenskap op Kroonstad gewen het. In die veteraneklas (50 jaar en ouer) asook die ouderdomsklas 60-plus het die Namibiërs die onderskeie toetse vir mans en vroue met telling van 8-7 gewen. Die gasheerunie het hierna die toetse vir onder-30 mans, senior mans en senior vroue beklink. Die Namibiese veterane- en meesters-manspanne was Erik Strauss (afrigter), Dries Verwey, Johan Viljoen, Michael Duvenhage, Francois Boshoff (kaptein) en Marius Esterhuizen. Die Namibiese vrouespanne wat aan die wenkant was, was Heleen Steenkamp, Tienie Duvenhage, Petro Beyleveld, Gieliana Boshoff (afrigter), Elmarie Horn (kaptein) en Elize Duvenhage. Die nasionale beheerliggaam bedank elke borg wat die toer vir die spelers moontlik gemaak het. Foto’s verskaf