Meestersatlete wys in RSA hulle kan meeding
Ses meestersatlete van Namibië het die afgelope naweek aan die Suid-Afrikaanse Meesterskampioenskap in baan- en veldatletiek deelgeneem waar meer as 300 atlete in aksie was – en het met ‘n totaal van 20 medaljes teruggekeer.
Atlete van ouderdomme 40 tot 75 jaar het deelgeneem. Die atlete wat die naweek vir Namibië deelgeneem het, was:
Buks Myburgh, William van Wyk, Emma van Rooi, Shaun van Rooi (almal in worpe, gewigstoot, diskusgooi, hamergooi en spiesgooi); Johan Steyn (100m 200m 400m en aflosse) en Rudolph Camble (5000m, 1500m, 800m).
Die Namibiese medaljevertonings was:
• Buks Myburgh (ouderdom 70+) vier goud, twee silwer.
• Rudolph Camble (55+) twee brons. Hy het die Namibiese meestersrekords in die ouderdom 55-59 jaar in 800m 1500m en 5000m (baan) verbeter.
• Johan Steyn (45+) twee silwer, drie brons. Op die Afrika-meestersranglys is Steyn tans tweede in 110m hekkies, sewende in verspring, sewende in 400m, 13de in 100m en tiende in 200m. In die 110m hekkies is hy 64ste op die wêreldranglys.
• William van Wyk (40+) drie silwer en een brons. Op die Afrika-meestersranglys is is Van Wyk nou eerste in die worpe-pentathlon, tweede in spiesgooi, derde in “weight throw”, sewende in hamergooi, sewende in gewigstoot en agtste in diskusgooi. Op die wêreldranglys vir meesters is hy 55ste in die worpe-pentathlon en 77ste in spiesgooi.
• Shaun van Rooi (40+) een goud, 1 silwer.
• Emma van van Rooi (40+) een brons.
Meestersatlete, wat meestal op hul eie onkoste deelneem,wys met deursettingsvermoë en toewyding dat ‘n gesonde liggaam steeds ‘n gesonde gees huisves.
Die wêreldkampioenskap vir meesters later vanjaar is ‘n geelwortel in die vooruitsig. Volgende jaar vind die Afrika-kampioenskap vir meesters ook in Pretoria plaas.
Meestersatlete wat meer wil weet, kan vir Leoni van Rensburg by leonivr123@gmail.com kontak.



Comments
My Zone
No comments have been left on this article