Olimpiese kampioen langs baan geteister

Atletiek
Die Amerikaanse naelloper en driemalige Olimpiese gouemedaljewenner Gabby Thomas sê sy is Sondag by die Grand Slam-baanbyeenkoms in Philadelphia verbaal geteister.

Thomas, wat by die Parys 2024 Spele goud in die 200 meter, asook 4x100 en 4x400-aflosse gewen het, sê in 'n plasing op Twitter terwyl sy foto's vir aanhangers geneem en handtekeninge uitgedeel het, het 'n man haar bewegings rondom die baan gevolg en persoonlike beledigings na haar geskree.

“Enigiemand wat hom aanlyn sterk in sy kwaad, is walglik,” het Thomas geskryf.

Haar plasing was in reaksie op 'n ander Twitter-gebruiker se video van iemand wat Thomas uitlok terwyl sy op die wegspringlyn was en skree: “Jy's 'n ‘choke artist’ – jy gaan verloor, Gabby!”

Die sosiale media-gebruiker het bygeskryf: “Ek het Gabby laat verloor deur haar uit te lok. En dit het my ‘n weddenskap laat wen” – met 'n skermgreep van twee wedkaartjies op ‘n sportweddersplatform.

Organiseerders van die byeenkoms sê in 'n verklaring: “Grand Slam Track doen 'n volledige ondersoek na die afstootlike gedrag wat op video vasgelê is. Ons werk daaraan om die betrokke individu te identifiseer en sal gepaste stappe doen soos nodig.

“Ons sal bykomende voorsorgmaatreëls instel om voorvalle soos hierdie in die toekoms te voorkom. Laat ons dit duidelik stel, veragtelike gedrag soos hierdie sal nie geduld word nie.”

Thomas was derde in die kort naelloop by die Philadelphia-byeenkoms.

Thomas (28), een van die blink sterre van VSA-baanatletiek, het sedert haar deurbraak in Parys op sy die voorblad van die Amerikaanse "Vogue"-tydskrif gepryk en op geselsprogramme verskyn. Maar sy het ook die donker kant van roem ervaar en vanjaar op TikTok beskryf hoe sy deur 'n groep mans by verskeie lughawens agtervolg is.

– Reuters