Onstuitbare Sternagel haal almal van agter in

Motocross
Die oorheersende ryer in die ope-klas het sy motorfiets afgradeer om op gelyke voet met die opposisie mee te ding.
Tielman Van Lill
Mark Sternagel, die verdedigende Ope-klaskampioen het die afgelope Saterdag uitgestal tot watter mate hy Namibië se voorste motocross-jaer is. Hy het die Ope-klas vir die vyfde keer vanjaar gewen het.

Die vyfde rondte van die Namibiese nasionale motocross-kampioenskap is Saterdag in nege klasse asook in die King of the Dirt-resies (KOD) met 48 jaers in die saal by die Gobabis-motocrossbaan beslis.

Sternagel het die King of the Dirt-resies sodanig oorheers dat hy elke opponent in die resies verbygesteek het.

Jarno Metzger was tweede en Gero Friederich derde. Metzger ding in die junior 125 cc-klas mee en het uitstekend rekenskap van homself teen senior jaers in die KOD gelewer.

In die Ope-klas het Mark Sternagel ook sy oorheersing voortgesit. Vir die eerste keer in die 2025-seisoen het hy Saterdag met ‘n tweeslag-KTM 250 SXS deelgeneem om op ‘n meer gelyke voet met sy mededingers op 250 cc-tweeslagfietse mee te ding. Sternagel het tevore op ‘n vierslag-KTM 450 SXF gejaag.

In die afwesigheid van die beseerde Luca Brand het Juan de Vos die junior 125 cc-klas oorheers en die eerste posisie op die kampioenskappunteleer ingeneem. De Vos is nou met 71 punte voor Brand. Laasgenoemde het ook sy algehele vierde posisie in die KOD afgestaan en is tans agtste, terwyl De Vos die algehele vierde plek ingeneem het.

Brand het sy regterskouer tydens die vierde Namibiese kampioenskapsbyeenkoms by Gallina beseer en kon nie betyds vir Gobabis herstel nie. Hopelik sal hy vir die sesde rondte reg wees.



Saterdag se voorste uitslae



50 cc-klas: 1 Mason Meyer (75 punte), 2 Duhan Hefer (66), 3 Nicky Strauss (60).

65 cc: 1 Oliver Mathews (75), 2 Markus Pack (64), 3 Carter Bouwer (62).

85 cc: 1 Leander Metzger (75), 2 De Wet du Plessis (66), 3 Connor Bouwer (59).

Junior 125 cc: 1 Juan de Vos (72), 2 Jarno Metzger (69), 3 Leander Metzger (60).

Vroue: 1 Zoë Waldschmidt (66), 2 Melanize Oberholzer (60).

Senior 125 cc: 1 Markus Muller (60).

Klubmans: 1 Sanene Wittreich (64), 2 Jens Rubow (daglisensie).

Veterane: 1 Sigi Pack (66), 2 Olaf Pack (60).

Ope-klas: 1 Mark Sternagel (75), 2 Björn Bierbrauer (65), 3 Gero Friederich (62).

King of the Dirt-resies: 1 Mark Sternagel (25 punte), 2 Jarno Metzger (22), 3 Gero Friederich (20), 4 Björn Bierbrauer (19), 5 Juan de Vos (18), 6 Sigi Pack (17), 7 Tommy Gous (16), 8 Olaf Pack (15), 9 Leander Metzger (14), 10 Marko Lindemeier (13), 11 Markus Muller (12), 12 Zoë Waldschmidt (12), 13 Jens Rubow (daglisensie), 14 Nils Elmering (10), 15 JC Lochner (9).



Die voorlopige puntestand in die kampioenskap ná vyf kompetisies (onbevestig)



50 cc: 1 Mason Meyer (366), 2 Duhan Hefer (325), 4 Nicky Strauss (293), 4 Delmar du Plessis (204).

65 cc: 1 Oliver Mathews (367), 2 Carter Bouwer (312), 3 Markus Pack (300), 4 Maximillian Skutsch (272), 5 Keanu Strauss (251), 6 Sebastian Skutsch (245), 7 Paul Mans (197), 8 Arjen van Zyl (85), 9 Mason Meyer (37).

85 cc: 1 Leander Metzger (366), 2 De Wet du Plessis (339), 3 Stiaan Hefer (278), 4 Duhan van Wyk (212), 5 Riaan van der Hoven (252), 6 Vincent Griebel (177), 7 Connor Bouwer (171).

Junior 125 cc: 1 Juan de Vos (348), 2 Leander Metzger (293), 3 Luca Brand (277), 4 JC Lochner (265), 5 Jarno Metzger (259), 6 Marco Lindemeier (164), 7 Nils Elmering (157), 8 Killian Hamm (48), 9 Zoë Waldschmidt (16).

Senior 125 cc: 1 Markus Muller (240).

Ope: 1 Mark Sternagel (375), 2 Björn Bierbrauer (328), 3 Tommy Gous (297), 4 Gero Friederich (176).

Veterane: 1 Sigi Pack (344), 2 Olaf Pack (318), 3 Tony Viljoen (230), 4 Rudi Brand (92), 5 Heiko Stranghöner (75), 6 Ronald Geiger (52), 7 Gerhard Simon (40), 8 Jörg Stranghöner (38).

Vroue: 1 Zoë Waldschmidt (282), 2 Melanize Oberholzer (252), 3 Maike Bochert (120).

Klubmans: 1 Sanene Wittreich (319).



Stand van die King of the Dirt-kampioenskap

1 Mark Sternagel (125)

2 Björn Bierbrauer (107)

3 Tommy Gous (91)

4 Juan de Vos (89)

5 Olaf Pack (76)

5 Sigi Pack (76)

7 Jarno Metzger (74)

8 Luca Brand (72)

9 Leander Metzger (67)

10 Gero Friederich (58)

11 JC Lochner (57)

12 Markus Muller (44)

– tielman5.tvl@gmail.com