Opgewondenheid oor o.12-toer na Wes-Kaap

Skolerugby
Andrew Poolman
Twee Namibiese laerskolerugbyspanne vertrek Sondag padlangs oor die Oranjerivier om hulself by ‘n toernooi in die Wes-Kaap te gaan beproef.

Mauritz Thirion, die voorsitter van laerskolerugby in Namibië, sê Suid-Afrika se kusprovinsies ding in die toernooi mee wat vanaf 2 tot 4 Oktober by die rugby-spogskool Oakdale Landbouskool op Riversdal aangebied word.

Provinsiale spanne van die Westelike Provinsie, Boland, Suidwestelike Distrikte, Grens, Grens-platteland en die Haaie van KwaZulu-Natal sal vir ‘n fees van kaalvoetseuns op die rugbyvelde sorg.

Voor die toernooi sal die twee Namibiese kombinasies komende Dinsdag in oefenwedstryde teen twee laerskole op Somerset-Wes uitdraf.

Thirion sê dis die eerste keer dat Namibië die kans gegun is om ‘n tweede span te mag inskryf. Die “tweede” kombinasie bevat dus ook reeds’n groep talentvolle o.11-spelers wat tydens vanjaar se afgelope NSSU-liga (geborg deur Officeconomix) geïdentifiseer is.

“Ons is opgewonde oor die toer. Die A-span lyk lekker sterk en het reeds vroeër vanjaar twee uit vier wedstryde gewen toe hulle in die toernooi teen Suid-Afrika se noordelike unies meegeding het.

“Ons A-span is onder die afrigterskap van Brian Titus en JT Basson, wat in 2026 die afrigters van die o.13 Cravenweekspan sal wees en dus reeds hierdie kans het om met hul kerngroep te werk.

“Vir die o.11-spelers is dit ook ‘n opwindende geleentheid om reeds blootstelling vir volgende jaar se o.12-toer na Suid-Afrika te kry en om by die vreemde omstandighede aan te pas.”

Die agtsteman Philip Meyer is as die A-span se kaptein aangewys, met Ruan van Rensburg as onderkaptein, beide van Windhoek Affies. Die o.12-vyftiental se kaptein Coenrad de Villiers en onderkaptein Phillip Thiel is beide van Windhoek Gimnasium afkomstig.

Die twee o.12-spanne het die afgelope week ‘n oefenkamp in Windhoek bygewoon met Jacques Burger, die Namibië Rugbyunie se direkteur van rugby en driemalige Wêreldbeker-losvoorspeler, wat ook daar was om insette te lewer.

Die uitgesoekte spanne is (van Windhoek, tensy anders aangedui):



ONDER 12 A-SPAN

1 Heino Hamman

2 Barth Jacobs

3 Noah Izaaks

4 Utaara Uandara

5 Adriano Olivier

6 Arno Polster (Rehoboth)

7 Jeanne-Louis van der Merwe (Outjo)

8 Philip Meyer (kaptein)

9 Daniel Müller (Outjo)

10 Jean-Daniel van Rooyen

11 Roald Scott (Rehoboth)

12 Ruan Jansen van Rensburg

13 Jonathan Humphries

14 Candrique de Klerk (Rehoboth)

15 Marquine Beukes (Rehoboth).

Reserwes: 16 Fernando Cloete (Rehoboth), 17 Luka Jansen van Vuuren (Outjo), 18 Malan Coetzee (Swakopmund), 19 Maxwell Hoeseb (Grootfontein), 20 JP le Grange, 21 Denzel Geingob, 22 Melvin Maclobo (Swakopmund), 23 Ian Smith (Ondangwa).

Afrigters: Brian Titus (St. Joseph\'s) en JT Basson (Windhoek Gimnasium). Spanbestuurder: Ernest Groenewald (Orban).



ONDER 12-VYFTIENTAL

1 Aiden Bezuidenhoud

2 Zenbur Slabbert

3 Kenzo Philander

4 Nicholaas Hoffmann

5 Marledinho Haraeb (Outjo)

6 Duard Viljoen (Otjiwarongo)

7 Coenrad de Villiers (kaptein)

8 Zandro Thirion

9 Declan Renton

10 Dian Kotze

11 Philip Thiel

12 Andre Bodenstein

13 Christiaan du Plessis

14 Jordan Mouton (Rehoboth)

15 Wihan Bruwer

Reserwes: 16 Enrique Britz, 17 Zane Schutte, 18 Malan Burger (Stampriet), 19 Paul Oosthuizen (Outjo), 20 Aaron Terence Izaacs (Rehoboth), 21 Luan Holtzhausen (Outjo), 22 Levesque Beukes (Rehoboth), 23 Hanro Wynjeterp.

Afrigter: Mauritz Thirion (Windhoek Gimnasium); spanbestuurder Ernest Groenewald (Orban).

– andrew@nsh.com.na