Room van FNB-reeks na Mpumalanga gestuur
Bergfietsry
Twintig jong ryers se name is by laas naweek se eindbyeenkoms van die FNB Skole bergfietsreeks uitgelees as die gekose groep om volgende maand teen Suid-Afrika se provinsiale spanne te gaan meeding.Die uitblinkers van die FNB-reeks (o.14 tot o.18) word jaarliks oorweeg vir deelname aan die buurland se Cycle Lab Skole MTB-reeksfinaal, wat op 4 en 5 Oktober by Hoërskool Piet Retief in Mpumalanga aangebied word.
Namibië stuur egter geen o.18-ryers nie met Roger Surén en Delsia Janse van Vuuren, Rosemarie Thiel (algehele FNB reekswenner vir o.18-meisies), Marco Thiel en Franco Thiel (almal van Windhoek Gimnasium) wat weens eksamenverpligtinge onbeskikbaar is. Surén en Janse van Vuuren ding op 12 September by die UCI junior wêreldkampioenskap in Switserland mee.
Die kriteria vir keuring was dat ryers aan minstens drie byeenkomste in die FNB-reeks moes deelneem en in die algehele toptwee in hul ouderdomsklas moes eindig.
Uit die ontwikkelingsprogram van Physically Active Youth (PAY) is ook enkele ryers geïdentifiseer wat in Mpumalanga sal gaan meeding.
Die fietsryers sal deur Carolin Janik (afrigter), Erica Nell (spanbestuurder) en Andries Janse van Vuuren (chaperone) vergesel word.
Die gekose ryers is:
Meisies o.14: Ayixe Shaanika (St. George’s).
Seuns o.14: Micah Chase (St. George’s), York Ahrens (DHPS), Karl Nikolai Lisse (Whk Gim), Max Heigan (Whk Gim), Christo Nell (Whk Gim).
Meisies o.15: Nicole Surén (Whk Gim), Joadri de Beer (Whk Affies).
Seuns o.15: Daniel Hennes (Whk Affies), Penyovamati Hashiti (PAY), Uazikua Hangero (PAY).
Seuns o.16: Julius Braun (DHPS), Mike Baartman (Whk Gim), Theodor Janse van Vuuren (Whk Gim), Dawie Greeff (Whk Gim), Shawn Morkel (PAY), Jay-Jay Hindjou (PAY), Warren Kamaze (PAY), Torrence Morkel (PAY).
Meisies o.17: Jane Engelbrecht (WHS).
Comments
My Zone
No comments have been left on this article