Skolespan in oefenlopie vir Streek 5 Spele
Atletiek
Die naellopers Elton Hoeseb (QSB-atletiekklub) en Jade Nangula (Unam-atletiekklub) het elkeen oorwinnings in beide die 100 en 200 meters by laas Saterdag se senior Khomas-streekkampioenskap behaal.Hoeseb (10.39 en 20.87) en Nangula (11.78 en 23.84) was van die senior atlete wat die beste prestasies van die dag gelewer het.
Die 19-jarige naelloper Magano Naseb het sy beste tye van die seisoen in die 100 en 200 opgestel (10.53 en 21.02) in sy opbou na die Afrika-kampioenskap vir o.20’s en o.18’s wat volgende maand gesamentlik in Nigerië aangebied word (16-20 Julie).
Die gekose Namibiese atlete wat die land binnekort by die AUSC Streek Vyf-kampioenskap in Windhoek gaan verteenwoordig (4-13 Julie), het as ‘n span aan die Khomas-kampioenskap deelgeneem.
Die Streek 5-meisiespan het boaan die vrouepuntelys klaargemaak (100 punte) voor QSB-klub (37) en Windhoek Gimnasium-klub (33).
Op die puntelys vir mans was QSB eerste (79.5), Unam-klub tweede (48) en die Streek 5-span derde (45).
In die velditems het die 17-jarige Marike Weitz in die gewigstoot en diskusgooi (14.32 en 45.27 meter) haar talent uitgestal, terwyl Benjamin Hendrikse (Streek 5) die mans hoogspring op 2.00 meter gewen het.
In die vroue hamergooi het die susters Ansuné Smit (48.90) en Annelize Smit (34.40m) punte vir die QSB-klub ingesamel.
Van die voorste uitslae:
MANS
100 meter: 1 Elton Hoeseb (QSB) 10.39; 2 Elvis Gaseb (Dome Athletics Academy) 10.52; 3 Magano Naseb (Oceans AC) 10.53.
200 meter: 1 Elton Hoeseb (QSB) 20.87; 2 Magano Naseb (Oceans AC) 21.02; 3 Charley Matundu (Unam) 21.14; 4 Elton Gaseb (Dome Athletics Academy) 21.17.
400 meter: 1 Ezra Nakale (QSB) 47.35; 2 Tjimatjitua Kuhanga (NCS) 48.26; 3 Vetondouua Tjihumino(Unam) 48.95.
400 hekkies: 1 Christo van Rooyen (Windhoek Gymnasium AC) 59.74; 2 Sebastian Nyambe (Nust Welwitchia 77) 1:04.88; 3 Audley Haimbodi (Windhoek Gymnasium AC) 1:12.45.
800 meter: 1 Nasimane Shigwedha (Unam) 1:54.12; 2 Mathew Angula (NCS) 1:54.60; 3 Reino Haupindi (Utokero AC) 1:59.64.
1500 meter: 1 Asser Nalukaku (NCS) 3:55.57; 2 Nasimane Shigwedha (Unam AC) 4:00.67; 3 Reino Haupindi (Utokero AC) 4:02.44.
5000 meter: 1 Jerusalem Hamutima (Nampol) 15:20.22; 2 Wilhem Hangula (NDF) 15:20.99; 3 Enock Haufiku (Cheetah) 15:41.95.
Verspring: 1 Andrew Kalilo (Swakop Striders) 6.91m; 2 Onesmus Nekundi (NCS) 6.79m; 3 Rodriques Shiluma (QSB) 6.75m.
Driesprong: 1 Ivory Kopescho (Acacia) 12.83m; 2 Halleluja Kaulinge (QSB) 12.59m; 3 Jared Nongo (Acacia) 12.53m.
Hoogspring: 1 Benjamin Hendrikse (Ausc Streek 5) 2.00m; =2 Sir-Bishop Shikongo (Lüderitz Schools Athletics) 1.85m; =2 Rodriques Shiluma (QSB) 1.85m.
Gewigstoot: 1 Hento Henning (Ausc Streek 5) 12.54m; 2 Jasper Engelbrecht (QSB) 12.02m; 3 Lisias Mumbinda (Namib Lions) 9.96m.
Spiesgooi: 1 Jasper Engelbrecht (QSB) 56.95m; 2 Moses Kawana (onverbonde) 49.89m; 3 Lisias Mumbinda (Namib Lions) 45.01m.
VROUE
100 meter: 1 Jade Nangula (Unam AC) 11.78; 2 Erin Koff (QSB) 12.29; 3 Hanganeni Fikunawa (Nust Welwitchia 77) 12.35; 4 Johanna Ludgerus (NCS) 12.50.
200 meter: 1 Jade Nangula (Unam AC) 23.84; 2 Kazaatjo Kambiri (Ausc Streek 5) 25.66; 3 Javaria Haakuria (Ausc Streek 5) 25.92.
400 meter: 1 Kambiri, Kazaatjo 18 Ausc Streek 5 57.72; 2 Maria Shifa (Omusati) 59.07; 3 Yoritha Delie (QSB) 59.71.
800 meter: 1 Tuuliki Angala (NCS) 2:15.68; Linda Hailulu (Ausc Streek 5) 2:28.55; 3 Anabel Kazmierowski (Nust Welwitchia 77) 2:31.51.
1500 meter: 1 Beata Jeremia (Nampol) 4:43.53; 2 Maria Kanyanga (Utokero AC) 4:43.65; 3 Victoria Lisias (Omusati) 4:49.44.
3000 meter: 1 Maria Kanyanga (Utokero AC) 10:06.79; 2 Victoria Lisias (Omusati) 10:49.95; 3 Saara Haindongo (Ausc Streek 5) 11:00.00.
Verspring: 1 Frieda Iithete (NCS) 5.71m; 2 Paikea Garas (Ausc Streek 5) 5.59m; 3 Anoushka Eiman (Falcons AC) 5.17m.
Driesprong: 1 Rauha Shikwaya (onverbonde) 10.34m.
Gewigstoot: 1 Marike Weitz (Windhoek Gymnasium AC) 14.32m; 2 Elleke Potgieter (Ausc Streek 5) 11.21m; 3 Hilma Kasheeta (Tsire AC) 8.68m.
Diskusgooi: 1 Marike Weitz (Windhoek Gymnasium AC) 45.27m; 2 Elleke Potgieter (Ausc Streek 5 32.00m; 3 Hilma Kasheeta (Tsire AC) 21.20m.
Hamergooi: 1 Ansuné Smit (QSB) 48.90m; 2 Annelize Smit (QSB) 34.40m.
Comments
My Zone
No comments have been left on this article