Sternagel, De Vos steel kollig by eerste ronde
Motocross
Adrenalien, senuwees van staal en hoë-oktaanbrandstof het die naweek vir opwindende renne by die Gallina-motocrosspark naby Brakwater gesorg.
Die eerste rondte van die 2025 Namibiese nasionale motocross-kampioenskap die afgelope Saterdag by Gallina het nie teleurgestel nie.Die propvol program vir die dag moes verkort word ná goeie reën die vorige da, terwyl stortbuie ook vir Saterdagnamiddag verwag was.
Die baan by die Gallina MX-park was genadiglik nie deur die reën in ‘n modderbad omskep nie en die jaers in die agt klasse kon almal hul bestemde drie renne sonder voorval afhandel.
Die eerste rondte van die Namibiese nasionale kampioenskap van 2025 se onderskeie klasse is soos volg ingepalm: Mason Meyer (50 cc), Oliver Mathews (65 cc), Leander Metzger (85 cc), Juan de Vos (junior 125 cc), Zoë Waldschmidt (vroue-MX), Sanene Wittreich (klubmansklas), Heiko Stranghöner (veterane) en Mark Sternagel (ope-afdeling).
Die ope-klas en veterane het saam omstreeks elfuur die baan met die eerste ren van die dag geopen, gevolg deur die vroue-afdeling en klubmansjaers.
Vir die vroue is dit ‘n uitstekende geleentheid om saam met die klubmansjaers hul vernuf te vertoon en die meer kompeterende aanslag te ervaar.
Die junior 125 cc-klas het die baan alleen vir hulself gehad en het mekaar ‘n rowwe uitdaging gebied. Die minder ervare 50 cc, 65 cc en 85 cc-afdelings was uiteraard ook bevoorreg om mekaar afsonderlik in elke klas die stryd aan te sê.
Leander Metzger (85 cc) en Zoë Waldschmidt het ook aan die junior 125 cc-afdeling deelgeneem.
Die King of the Dirt-resies, wat die hoogtepunt van elke byeenkoms is, word laaste afgehandel waar 17 jaers mekaar om dié gesogte titel gepak het.
Uitslae vir die eerste drie plekke
50 cc: 1 Mason Meyer, 2 Delmar du Plessis, 3 Duhan Hefer.
65 cc: 1 Oliver Mathews, 2 Paul Mans, 3 Carter Bouwer.
85 cc: 1 Leander Metzger, 2 De Wet du Plessis, 3 Connor Bouwer.
125 cc: 1 Juan de Vos, 2 Luca Brand, 3 Jarno Metzger.
Vroue-MX: 1 Zoë Waldschmidt, 2 Melanize Oberholzer, 3 Maike Bochert.
Klubmans: 1 Sanene Wittreich, 2 JF van Eeden, 3 Nils Elmering.
Veterane: 1 Heiko Stranghöner, 2 Sigi Pack, 3 Olaf Pack.
Ope-klas: 1 Mark Sternagel, 2 Bjorn Bierbauer, 2 Tommy Gous.
King of the Dirt: 1 Mark Sternagel, 2 Bjorn Bierbauer, 3 Tommy Gous.
Puntestand ná die eerste rondte
50 cc: 1 Mason Meyer (75 punte), 2 Delmar du Plessis (63), 3 Duhan Hefer (62), 4 Nicky Strauss (58).
65 cc: 1 Oliver Mathews (75), 2 Paul Mans (64), 3 Carter Bouwer (61), 4 Markus Pack (58), 5 Arjen van Zyl (52), 6 Maximillian Skutch (52), 7 Keanu Strauss (49), 8 Sebastian Skutch (45).
85 cc: 1 Leander Metzger (72), 2 De Wet du Plessis (69), 3 Connor Bouwer (58), 4 Duhan van Wyk (56), 5 Stiaan Hefer (54), 6 Riaan van der Hofen (37).
Junior 125 cc: 1 Juan de Vos (75), 2 Luca Brand (64), 3 Jarno Metzger (62), 4 Leander Metzger (57), 5 JC Lochner (53), 6 Zoë Waldschmidt (33), 7 Marco Lindemeier (18).
Vroue-MX: 1 Zoë Waldschmidt (75), 2 Melanize Oberholzer (66), 3 Maike Bochert (60).
Klubmans: 1 Sanene Wittreich (72), 2 JF van Eeden (69), 3 Nils Elmering (60).
Veterane: 1 Heiko Stranghöner (75), 2 Sigi Pack (64), 3 Olaf Pack (62), 4 Tony Viljoen (55), 5 Ronald Geiger (52), 6 Jorg Stranghöner (38).
Ope-klas: 1 Mark Sternagel (75), 2 Bjorn Bierbauer (66), 3 Tommy Gous (60), 4 Gero Friederich (57), 5 Wanjo Kollmitz (daglisensie, 54), 6 Jarno Metzger (17).
King of the Dirt: 1 Mark Sternagel (25), 2 Bjorn Bierbauer (22), 3 Tommy Gous (20), 4 Gero Friederich (19), 5 Juan de Vos (18), 6 Luca Brand (17), 7 Heiko Stranghöner (16), 8 Jarno Metzger (15), 9 Olaf Pack (14), 10 Wanjo Kollmitz (13), 11 Sigi Pack (12), 12 Leander Metzger (11), 13 JC Lochner (10), 14 Tony Viljoen (9), 15 Zoë Waldschmidt (8), 16 Ronald Geiger (7), 17 Jorg Stranghöner (nie klaargemaak nie).
– tielman5.tvl@gmail.com
Comments
My Zone
No comments have been left on this article