Vrouespan verniel Sierra Leone
Krieket
Die Capricorn Eagles se kaptein Suné Wittmann was gister vernietigend op dreef met die vinnigste vyftigtal nóg deur ‘n Namibiese vrouespeler in ‘n internasionale T20-krieketwedstryd.Die aanvangskolwer het die 50-merk van net 22 balle behaal, wat die pas aangegee het vir ‘n reusagtige oorwinning met 152 lopies teen Sierra Leone in die ICC Vroue T20 Wêreldbeker-uitduntoernooi.
Die Namibiese totaal van 228/1 het vyftigtalle vir Wittmann (78 van 35 balle; 11x4 3x6), Kayleen Green (86 nie uit nie van 57 balle; 13x4) en Yasmeen Khan (56 nie uit nie van 28 balle; 7x4 1x6) ingesluit.
In Sierra Leone se kolfbeurt van 76 almal uit het Kayleen Green ook 2/8 in 2 bouolbeurte geneem om as speler van die wedstryd aangewys te word. Saimi Tuhadeleni het 3/12 in 3.5 bb platgetrek.
Agt Afrika-spanne ding mee om twee plekke by die wêreldwye uitduntoernooi – met Namibië wat vandag in ‘n deurslaggewende semifinaal betrokke sal wees. Die wedstrydbepalings was teen druktyd nog nie bevestig nie.
Comments
My Zone
No comments have been left on this article