Vyf medaljes 'n goeie oes in Gothenburg
Atletiek
Atlete van die Namibiese Privaatskole-organisasie (Napso) het goed gevaar met vier medaljes by die Wêreldjeugspele wat Sondag in Gothenburg, Swede, ten einde geloop het.Meer as 40 lande het atlete by die kampioenskap gehad, wat die toerspan aan heelwat verskillende invloede blootgestel het as wat hulle gewoonlik in hulk tuisland sou teëkom.
Die Namibiese span van 15 atlete se medaljes is soos volg ingepalm:
• SILWER: Jaco Potgieter (Edugate) het Vrydag in die 400 meter hekkies vir seuns onder-17 tweede oor die eindstreep geseil in 56.07 sekondes.
• GOUD: Ashley Martins (Walvisbaai Privaatskool) het met haar laaste sprong in die meisies onder-15 verspring met die wenpoging van 5.41 meter vorendag gekom.
• GOUD: Matthew Coetzee (Privaatskool Swakopmund) het ‘n indrukwekkende wentyd van 9.12 sekondes in die 80 meter vir seuns onder-14 aangeteken.
• GOUD: L’Wyk Viljoen (Pro-Ed) het die diskusgooi vir seuns onder-17, met ‘n persoonlike beste van 51.53 meter gewen. Met sy eerste gooi van oor die 49 meter het hy reeds sy kleim in die kompetisie afgesteek, voordat hy met sy laaste gooi die motivering vir ‘n selfs groter poging gevind het.
• SILWER: Elizabeth van Rensburg (Windhoek Gimnasium) was nie ‘n lid van die Napso-span nie, maar is een van die atlete wat by afrigter Henk Botha oefen. Sy het in die meisies onder-14 diskusgooi tweede geëindig met 41.73 meter.
Comments
My Zone
No comments have been left on this article