WP Myburgh slaan honderdtal in klubwedstryd

Klubkrieket
Andrew Poolman
Vir die eerste keer in etlike jare is ‘n tweedaagse klubkrieketwedstryd afgelope Saterdag en Sondag tussen twee spanne van Wanderers-krieketklub gespeel.

Die APS Red Ball-wedstryd is spesifiek gereël om weer alle spelers van die klub en veral die juniors te help om ‘n langer formaat te speel, vir ‘n lang tyd te kolf en die vaardighede te bemeester wat hiermee saamgaan.

Ná die suksesvolle toetslopie word beplan om in die komende seisoen meer sulke wedstryde te organiseer en ook ander klubs te betrek.

WP Myburgh, wat onlangs op sy eerste toer met die nasionale FNB Eagles na Kanada was, het ‘n honderdtal in die tweede kolfbeurt geslaan in die wedstryd wat eindelik onbeslis geëindig het.

Die opgesomde telkaart:

Wanderers Blou se kaptein Niko Davin wen die loot en kies dat sy span eerste kolf.

Wanderers Blou eerste kolfbeurt, 280 almal uit in 57 boulbeurte. Vyftigtalle vir WP Myburgh (57 van 109 balle; 9x4), Niko Davin (93 van 67 balle; 7x4 5x6) en Wessel Myburgh (77 van 74 balle; 8x4 2x6). Davin en Myburgh se vennootskap om die tweede paaltjie lewer 134 lopies.

Wanderers Rooi se kaptein Danie van Schoor is ‘n staatmaker met sy draaiboulwerk – vier paaltjies vir 69 lopies in 16.4 boulbeurte. JP Blignaut neem 2/46 in 7 boulbeurte en Waldo Smith ‘n ekonomiese 1/23 in 9.

Wanderers Rooi eerste kolfbeurt 286 almal uit in 62 boulbeurte. Vyftigtalle vir Lo-han Louwrens (87 van 71 balle; 8x4 5x6) en Waldo Smith (81 van 106 balle; 5x4 5x6). Hul vennootskap het 105 lopies om die vyfde paaltjie gelewer.

Wanderers Blou se toonaangewende boulers was PD Blignaut (3/61 in 21 bb), Ruben Loubser (3/25 in 3) en Aiden Feely (2/40 in 6).

Wanderers Blou se tweede kolfbeurt, 229 vir 4 in 44 boulbeurte. Honderdtal vir WP Myburgh (105 nie uit nie van 122 balle; 12x4 1x6) en vyftigtal vir sy mede-aanvangskolwer Tiaan van der Merwe (51 van 74 balle; 6x4 1x6), met hul vennootskap wat 80 lopies opgelewer het.

Wanderers Rooi se voorste boulers was Danie van Schoor (1/29 in 9) en Karl Birkenstock (1/30 in 8).

Wanderers Rooi (wenteiken 223) se tweede kolfbeurt, 117/7 in 25.5 bb. Hoogste Karl Birkenstock 43 van 34 balle (6x4 1x6) en JP Blignaut 23 nie uit nie van 32 balle (4x4) teen PD Blignaut (3/45 in 8) en WP Myburgh (2/10 in 5).

Uitslag: Wedstryd onbeslis.