Hoofmeisie

Monigue Tait
As hoofdogter van Keetmanshoop Privaatskool is dit n ongelooflike ervaring om die verantwoordelikheid te dra om ons klein plattelandse skooltjie in die Suide van Namibië te lei en te verteenwoordig. Vanaf dag een was ek baie opgewonde om n rol te speel en om n positiewe impak op ons skoolgemeenskap te maak. Met die geleentheid om hoofdogter te wees, het ek verskeie lewensvaardighede geleer, insluitend leierskap, tydsbestuur en doeltreffende kommunikasie.