Hoofseun

Drihan Smith
Dit is wonderlik om hoofseun van KPS te wees want jy verteenwoordig die hele KPS . Hoofseun-wees gee my die geleentheid om die onderwysers te help en om hulle dagtake ligter te maak. As hoofseun het ek ook die gleentheid om as spreekbuis tussen leerders en onderwysers op te tree. En al beteken hoofseun-wees dat n mens ekstra pligte het wat jy moet nakom, is dit nogtans vir my n eer om die skool te verteenwoordig by verskillende sport- en kultuurgeleenthede.