Mnr & Mej Elnatan begin ‘I Love Boobies’-projek

Lisa Booysen Anri de Klerk en Marnus Bothma, die wenners van Mnr. & Mej. Elnatan wat op 23 Februarie 2023 gekroon is, se ma’s het albei ’n stryd teen kanker gevoer. Anri en Marnus het toe die ‘I Love Boobies’-projek begin deur die verkoop van sokkies waa
Anri de Klerk en Marnus Bothma, die wenners van Mnr. & Mej. Elnatan wat op 23 Februarie 2023 gekroon is, se ma’s het albei 'n stryd teen kanker gevoer.

Anri en Marnus het toe die ‘I Love Boobies’-projek begin deur die verkoop van sokkies waarvan die wins gebruik is om gratis mammogramme vir talle vroue in Namibië te bied.

Die sokkies was eers net Elnatan-sokkies, maar die projek is vanjaar uitgebrei en daar was sokkies vir ander skole ook gemaak.

Tsumeb Gimnasium het die meeste sokkies gekoop. Die mees onlangse ontwerp wat verkoop is, was Napso-sokkies. Altesaam het die projek reeds 700 pare sokkies verkoop en so is daar reeds 100 vroue gehelp.

Hierdie gemeenskapsprojek is 'n inspirasie vir al die leerders van Privaatskool Elnatan. Dit wys watter groot verskil jy in mense se lewens kan maak met net 'n bietjie moeite.

Die leerders van Privaatskool Elnatan moedig almal aan om 'n verskil in iemand se lewe te maak en 'n paar sokkies te koop. Vir elke sewe pare sokkies wat verkoop word, kan een vrou 'n gratis mammogram ondergaan.

Die leerders van Elnantan kan nie wag om te sien wat hierdie jaar se wenners, Margaret-May Steenkamp en Christiaan Louw wat op 22 Februarie gekroon is, vir hulle projek gaan aanpak nie.

Die sokkies is teen N$120 per paar beskikbaar en kan by Mariana Bothma by 064 318 0265 bestel word.