
Hoofmeisie: Anya HinterholzerEk het eerstehandse ervaring hoe belanrik leierskap, verantwoordelikheid en spanwerk is. Hierdie rol het my selfvertroue versterk en my geleer om besluite met oortuiging te neem. Tog besef ek dat geen leier alleen kan staan nie. Sonder die ondersteuning van my leerlingraad en onderwysers sou die uitdagings veel groter wees. Die Gimmie-gees is iets besonders - ‘n sterk gemeenskap waar elke leerder aangemoedig en ondersteun word om hul volle potensiaal te bereik.

Hoofseun: Russel BartlettEk het hierdie jaar met sekere verwagtinge ingegaan - veral dat dit moeilik en stresvol gaan wees om nie net in matriek te wees nie, maar ook om hoofseun te wees. Tot my eie verbasing geniet ek dit baie, al bring dit groot verantwoordelikhede mee, maar steeds bly my hart by Tsumeb Gym. My liefde vir Tsumeb Gymnasium is so sterk omdat dit ‘n gemeenskapsgevoel het - en dit is iets wat mens nie sommer weggooi nie.
Comments
My Zone
No comments have been left on this article