Hoofseun en hoofmeisie

WAP se hoofseun, CF van Rooyen, moedig leerders aan om deeglik te beplan. Hy sê: “Hier staan ons voor die eerste eksamen van die jaar. Dit vereis deeglike beplanning, maar nog meer harde werk.” Hy beklemtoon die belangrikheid van vertroue in onderwysers se onderrig en die uitleef van akademiese potensiaal. Vir effektiewe leer beveel hy deeglike beplanning volgens die eksamenrooster aan, tesame met voldoende rus en afwisseling om fokus te behou. CF glo dat hierdie benadering leerders sal help om hul beste prestasie te lewer.



Met die eksamen wat voorlê, het Juanika Engel, hoofmeisie van WAP, 'n motiverende boodskap aan haar medeleerlinge gerig. “Glo in jouself en in jou vermoëns. Werk hard, wees trots op jou pogings en maak die onnies trots. Ek glo in elkeen van julle en weet julle gaan die eksamen ACE!” Haar woorde is 'n herinnering dat sukses binne bereik is deur harde werk en selfvertroue.