NAPSO NASIONALE ATLETIEKBYEENKOMS 2025: WENNERS EN REKORDBREKERS
Verlede naweek by NAPSO se jaarlikse nasionale atletiekbyeenkoms het ons land se jong atlete werklik hulle talente en passie vir hul onderskeie items laat deurskyn. Van nuwe rekords tot onverwagse oorwinnings, was die dag 'n werklike viering van talent, passie, harde werk en deursettingsvermoë.Hier is 'n blik op die rekords wat gebreek is en die algemene wenners van die byeenkoms.
Eenheid 1 - Rekordbrekers
70m Hekkies - Seuns o/11 - Hanro Wynjeterp - WAP - 11.23 sekondes
70m Hekkies - Seuns o/11 - Andre Bodenstein - WAP - 11.44 sekondes
75m Hekkies - Dogter o/12 - Amelia Esterhuysen - WAP - 12.95 sekondes
75m Hekkies - Seuns o/12 - Gianco Kok - Pro-Ed - 12 sekondes
Staande verspring - Seuns o/7 - Juwan Kok - Pro- Ed 1.79m
Eenheid 3 - Rekordbrekers
80m Hekkies - Seuns o/13 - Dehan Rover - WAP - 12.55 sekondes
110m Hekkies - Seuns o/17 - Jaco Potgieter - Edugate Akademie - 14.44 sekondes
Diskus 0.75kg - Seuns o/12 - Phillip Meyer - WAP - 34.89m
Diskus 0.75kg - Seuns o/12 - Stefan Strydom - Pro-Ed - 34.60m
Eenheid 5 - Rekordbrekers
Gewigstoot 3kg - o/12 Seuns - Stefan Strydom - Pro-Ed - 12.69m
Eenheid 6 - Rekordbrekers
Verspring - Meisies o/15 - A Martins - WBPS - 5.62m
Verspring - Meisies o/15 - Marloene Lassen - WAP - 5.25m
Eenheid 7 - Rekordbrekers
Krieketbalgooi - Meisies o/7 - Elle Hansens - WAP - 21.45m
Krieketbalgooi - Meisies o/7 - Amelia Esterhuizen - 18.35m
Eenheid 8 - Rekordbrekers
Verspring - Seuns o/17 - Sakaria Kondjila - Edugate Akademie - 6.73m
Eenheid 9 - Rekordbrekers
Hoogspring - Meisies o/11 - Melicke Blignaut - Pro-Ed - 1.44m
Turbo Spiesgooi - Meisies o/9 - Lizanie Louw - Gobabis Gimnasium - 19.46m
Eenheid 10 - Rekordbrekers
600m - Meisies o/7 - Elle Hansen - WAP - 2:24:35
150m - Seuns o/12 - Trewaldt Kuvare - Edugate - 20.16 sekondes
150m - Seuns o/12 - Dian Holland Muter - WAP - 20.47 sekondes
150m - Seuns o/12 - Cian Botha - WAP - 20.95 sekondes
Turbo Spiesgooi - Seuns o/11 - Johan Smit - Berg Op Akademie - 31.25 sekondes
Eenheid 12 - Rekordbrekers
3000m - Meisies o/15 - Kirsten Koudelka - WAP - 12:40.43
3000m - Meisies o/17 - Line Griesel - Moria - 12:41.25
3000m - Vroue o/19 - Nicole Steyn - Pro-Ed – 12:24.06
200m - Hekkies - Seuns o/13 - Dehan Rover - WAP - 29.74 sekondes
400m Hekkies - Mans o/19 - Etienne Lombaard - WAP - 1:02.27
Spiesgooi - 500g - Seuns o/12 - Stefan Strydom - Pro-Ed - 34.42m
Staande Verspring - Meisies o/8 - Shimeera Stanley - Pro-Ed - 1.88m
Eenheid 13 - Rekordbrekers
80m - Seuns o/8 - Juwan Kok - Pro-Ed - 12.20 sekondes
80m - Seuns - o/11 - Andre Bodenstein - WAP - 10.72 sekondes
Hoogspring - Seuns o/15 - Anro Bouwer - WBPS - 1.94m
Eenheid 14 - Rekordbrekers
200m - Meisies o/15 - Marloene Lassen - WAP - 26.45 sekondes
Eenheid 16 - Rekordbrekers
60m - Seuns o/8 - Markus Visser - Pro-Ed - 9.07 sekondes
800m - Mans o/19 - Sibona Amamub - Moria - 2:02.27
Driesprong - Seuns o/17 - Janco Esterhuyzen - Elnatan - 11.73m
Eenheid 17 - Rekordbrekers
100m - Seuns o/11 - Hanro Wynjeterp - WAP - 12.91 sekondes
100m - Seuns o/12 - M Maclobo - WBPS - 13.03 sekondes
100m - Seuns o/13 - Leroy Makhosi - LWB - 12.25 sekondes
Spiesgooi - 500g - Meisies o/15 - A Martins - WBPS - 41.47m
Hoewel daar soveel uitmuntende prestasies was oor die loop van die naweek, was daar soos by elke kompetisie ook algehele wenners. Hierdie atlete was nie net die beste in sekere items of hul ouderdomsgroep nie maar het voorwaar uitgestyg.
Junior Victrix Ludorum (o/7 - o/13) Cari Louwrens van WAP met 'n ongelooflike 2348 APE punte.
Junior Victor Ludorum (o/7 - o/13) Juwan Kok van Pro-Ed met 2599 APE punte.
Senior Victrix Ludorum (o/15 - o/19) Luca van Wyk van WAP met 'n uitmuntende 2459 APE punte.
Senior Victor Ludorum (o/15 - o/19) Sakaria Kondjila van Edugate met 2423 APE punte.
Die topatleet van die byeenkoms was Luca van Wyk van WAP.
Soos die stof gaan lê na ’n opwindende NAPSO-atletieknaweek, bly die gebreekte rekords en gekroonde kampioene ’n bewys van die ongelooflike talent en toewyding wat op die baan en veld ten toon gestel is. Van asemrowende naellope tot rekordprestasies in velditems - elke atleet het hul grense geskuif en ’n blywende indruk gelaat. Geluk aan die senior en junior Ludorums, wie se uitsonderlike vertonings hulle as die beste van die beste laat uitstaan het. Hul oorwinnings, tesame met elke deelnemer se deursettingsvermoë, verteenwoordig die ware gees van sportmanskap.
Comments
My Zone
No comments have been left on this article