WAP vier 30 jaar in kleur en klank!

Leandrie Kruger Op Dinsdag, 4 Maart het Windhoek Afrikaanse Privaatskool omtrent lekker makietie gehou om sy 30ste verjaardag te vier. Die hele skool het deelgeneem deur verskillende versierings te maak, verjaarsdagkaartjies te prakseer, en natuurlik k
Op Dinsdag, 4 Maart het Windhoek Afrikaanse Privaatskool omtrent lekker makietie gehou om sy 30ste verjaardag te vier.

Die hele skool het deelgeneem deur verskillende versierings te maak, verjaarsdagkaartjies te prakseer, en natuurlik klaspartytjies te hou!

Die oggend van WAP se verjaarsdag het die gange geleef met klank, kleur, vreugde en heerlike geure, toe leerders en onderwysers saamgespan het om hierdie spesiale dag op ’n feestelike en kreatiewe manier te vier.

Elke klas het hul klaskamers en -deure versier met die skoolkleure van blou, wit en geel. Die deure het pragtig gelyk - van handgemaakte plakkate tot kreatiewe temas wat elke klas se unieke gees uitbeeld. Die hele skool het soos ’n kunsgalery gevoel!

Die klasperiodes was korter en pouse net ’n bietjie langer, sodat leerders tyd gehad het vir hul partytjies. Elke leerling het iets saamgebring - van lekkers, koek en koeldrank tot ander heerlike happies - en die klasse was gevul met stories, lag en lekker saamkuier.

Dit was wonderlik om te sien hoe almal deel in die feesviering en hul happies met mekaar deel. Die dag was ’n ware viering van gemeenskap en samesyn tussen leerders en onderwysers.

Met vrolike lag in die gange en kleurvolle deure oral om jou, was dit ’n spesiale herinnering aan hoe ver die skool gekom het sedert sy ontstaan 1995, én aan die ongelooflike gees van WAP se kinders.